Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: NSRI sê soektog gaan steeds voort in Seepunt-omgewing
  • Dit blyk dat dit twee bote was wat probleme gegee het in die Kaapse-seedrama waarin 9 mense vermis is. Die een boot het probleme gegee en mense het almal op 'n tweede boot geklouter toe dit omgeslaan het.
  • Die NSRI en 'n verskeidenheid nooddienste asook 'n weermaghelikopter is deel van die soektog in die omgewing van Bakoven.

boot
Die boot word ingesleep deur die polisie. Foto: Jaco Marais
bootongeluk

Dit is 'n ontwikkelende nuusstorie. Hou Netwerk24 dop om te sien hoe dit ontvou.

27 Feb. 15:49:50

Soektog gaan voort

Die soektog na vermoedelik 5 of 6 mense gaan voort, volgens die NSRI.

Lambinon sê die rede waarom daar nie met sekerheid gesê kan word of daar nog 5 of 6 mense in die see vermis is nie, is omdat daar nog nie met al die families kontak gemaak kon word van mans wat dalk op die boot was nie.

Die soektog gaan voort tussen Seepunt en Oudekraal.

Op die foto kom een van die NSRI-vrywilligers uit die see uit. Foto: Adrian de Kock

27 Feb. 15:14:56

Hoeveel mense moet nog op see sterf?

Ten minste vier van die mans wat vanuit die Houtbaai-hawe op see uitgegaan het, is van die Hangberg-gemeenskap in Houtbaai.

Roscoe Jacobs, 'n jeugaktivis van Hangberg, sê van die bemanning is jong mans van tussen 17 en 21 jaar oud. Een van die mans waarvan hy weet kon daarin slaag om strand toe te swem, maar nog drie inwoners van Hangberg word vermis.

Volgens Roscoe is armoede en werkloosheid 'n groot probleem in die gemeenskap en die mans gaan uit op die see. Hy kan nie sê of hulle vis gaan vang of perlemoen gaan uithaal het nie.

"Vir ons is dit nie onwettig nie. Die mense roof en moor nie, hulle gaan uit op die see om 'n inkomste te probeer maak," sê Roscoe.

Hy het gevra dat mense saam met die inwoners van Houtbaai sal bid vir die slagoffers.

"Van die mans is jongmense. Die minister van visserye moet asseblief Houtbaai toe kom en help met programme van werkskepping sodat hulle nie by so 'n negatiewe ekonomie betrokke raak nie.

"Hoeveel mense moet nog op see sterf voor daar na ons pleidooi as jongmense geluister word deur die departement?" sê Roscoe.

27 Feb. 14:48:44

Lyk van man in see gekry

Die lyk van 'n man is uit die see gehaal en na die NSRI-stasie by Bakoven geneem, het Lambinon teen 14:45 gesê.

Hy sê dit is vermoedelik een van die mense wat op die rubberboot was wat omgeslaan het.

Die polisie is op die toneel en die lyk sal oorhandig word aan die forensiese ondersoekers.

Paramedici het die man op die toneel dood verklaar.

27 Feb. 14:19:02

Nog vrywilligers help soek

Wildernis-soek-en-redding (WSAR) is een van die organisasies wat nou help met die soektog na die vermiste bemanning, het Johann Marais, woordvoerder van die WSAR, bevestig.

Vrywilligers help die soektog op die strand en rotsagtige gebiede.

27 Feb. 13:20:16

2 nou al uit see gered

Lambinon het kort voor 13:00 nuwe inligting bekendgemaak en gesê daar is nou twee mense uit die see opgepik.

Daar word na nog vermoedelik 7 mense gesoek.

Die soektog vind plaas in die see en op die strand en familielede van die vermiste persone is ook gevra indien hulle dalk op hul eie by die huis aankom, moet die owerhede in kennis gestel word,

Die grootskaalse soektog in 'n ontstuimige see sluit 'n weermaghelikopter, bemanning van drie NSRI-stasies, die polisie, ER 24 asook Community Medics in. Die wetstoepassingseenheid van die Kaapstadse-metroraad en die provinsiale EMS-ambulansdienste is ook betrokke.

Die twee mans wat uit die see gered is, was sowat 'n driekwart seemyl vanaf Bakoven die see in.

27 Feb. 13:06:52

Eers die een en toe twee bote gee probleme

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê twee bote met 13 mense aan boord het Woensdagaand omstreeks 20:00 uit Houtbaai vertrek.

"Water het in een van die bote ingestroom, waarna die bemanning van daardie boot oorgespring het na die ander boot.

"Die tweede boot, wat toe 13 mense aan boord gehad het, het hierna omgeslaan," het Rwexana gesê.


27 Feb. 12:55:42

Die man wat gered is, leef, maar is in 'n kritieke toestand, sê Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder.

Hy word tans vir hipotermie behandel.

27 Feb. 12:49:08

27 Feb. 12:45:37

Een uit see opgepik

'n Persoon is deur lede van die lugmag naby Bakoven opgemerk waar hy in die see gedryf het.

Dié persoon is in 'n reddingsmandjie gelaai en met 'n helikopter opgepik.

27 Feb. 12:24:56

Die NSRI en die polisie se watervleuel soek steeds na die vermiste mense. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Nsri  |  Clifton  |  Bootongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.