Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pas weer oopgestel ná vragmotors bots

Die Piekenierskloofpas is Sondagaand om sesuur oopgestel ná 'n botsing vroeër die dag tussen twee vragmotors. 

Opruimingswerk het vroeër die dag begin nadat twee vragmotors Sondag omstreeks 11:00 in ’n ongeluk betrokke was.

Die twee vragmotors het dwars oor die pad tot stilstand gekom. Foto: ABIS Security and Investigations

Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, sê uit ’n voorlopige ondersoek blyk dit die een vragmotor se remme onklaar geraak het. Dit het daarna in die ander een vasgery.

Hierna het die bestuurder van die voorste vragmotor beheer daaroor verloor.

Die een vragmotor het sitrusvrugte vervoer.

Niemand is in die ongeluk beseer nie.

Opruimingswerk op die Piekenierskloofpas het begin nadat twee vragmotors daar in ’n botsing betrokke was.
Meer oor:  Citrusdal  |  Ongeluk  |  Vragmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.