Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pasgebore baba in Bloemfontein uit puttoilet gered

’n Pasgebore babaseuntjie is Vrydag in die vroeë oggendure lewend uit ’n puttoilet in Bloemfontein gered.

Die ma van die kind is kort daarna aangekeer en word aangehou.

Braam van Zyl, afdelingshoof van die brandweer in die Mangaung-metro, sê die ma het die kind met naelstring en plasenta in die puttoilet afgegooi kort nadat hy gebore is.

“Inwoners het gehoor dat ’n kind in die puttoilet huil. Hulle kon nie self die baba uitkry nie.

“ ’n Lid van die brandweer het met ’n leer in die puttoilet afgeklim en die kind uit die ontlasting en urine gehaal. Die ambulansdienste het gereed gestaan om met die baba na ’n hospitaal te jaag. Sy naelstring en plasenta moes verwyder word.”

Die voorval was omstreeks 02:30 Vrydagoggend.

’n Woordvoerder van die polisie sê hy het gehoor die baba is na die waakeenheid van die Pelonomi-hospitaal gebring. Die baba het ’n seer aan die kop gehad.

Hy het bevestig dat die ma van die baba opgespoor is en in die selle van die Bloemspruit-polisiekantoor aangehou word.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Pasgebore Baba  |  Puttoilet  |  Reddingspoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.