Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pasgetroude paartjie in stort doodgeskok

’n Paartjie wat die naweek pas teruggekeer het van hul wittebrood, is Sondag in die stort doodgeskok.

Woedende inwoners en kennisse van Zaheer (28) en Nabeel Sarang (24) van Crosby, naby Mayfair in Johannesburg, beweer die oorsaak was ’n foutiewe elektriese stroom. Hulle pak die skuld op onwettige elektrisiteitsverbindings en City Power se agterstand in die hantering van klagtes.

Die egpaar is twee weke gelede getroud.

Nabeel het glo Sondag laatmiddag gaan stort en is blykbaar geskok toe sy aan die kraan gevat het. Haar man is dood toe hy na die stort gehardloop het om haar te help.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen “nadat die liggame van ’n egpaar Sondag om 17:30 in die stort gevind is”.

Hoewel dit volgens hom ook voorkom asof die slagoffers doodgeskok is, het Masondo bygevoeg dat die polisie die oorsaak van dood eers ná die lykskouings sal kan bevestig.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê in ’n verklaring Mongezi Ntsokolo, uitvoerende hoof, het reeds ’n dringende ondersoek gelas na beweringe dat die egpaar se dood deur ’n foutiewe elektriese stroom veroorsaak is glo weens onwettige kragverbindings in die omgewing.

“Die span het Maandagoggend begin met ’n voorlopige ondersoek om die feite vas te stel. Terwyl ons hiermee besig is, doen ons ’n beroep op inwoners om nie met die elektriese infrastruktuur te peuter nie en om hulle te weerhou van vandalisme en onwettige verbindings, wat daartoe kan lei dat die elektriese stroombaan wanfunksioneel raak.”

Intussen het die oorledenes se families die gemeenskap op Facebook versoek om nie foto’s van die egpaar of nadere besonderhede oor die voorval te versprei nie.

“Ons versoek dat alle foto’s van hulle verwyder word. Dit is ’n moeilike tyd vir albei families. Wees asseblief sensitief en respekteer die versoek.”

Meer oor:  City Power  |  Mayfair  |  Johannesburg  |  Doodgeskok  |  Stort  |  Wittebrood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.