Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pasiënte word geskuif toe hospitaalsaal brand

Pasiënte in die Busamed Bram Fischer Internasionale Lughawe-hospitaal buite Bloemfontein moes Donderdagaand laat na ’n ander saal geskuif word toe ’n brand in ’n mediese saal uitgebreek het.

Personeellede van die Busamed Bram Fischer Internasionale Lughawe-hospitaal buite Bloemfontein in die saal van die hospitaal waar ’n brand Donderdagaand uitgebreek het. Foto: Verskaf

Die brand het kort voor 23:00 in ’n kamer in die saal ontstaan.

Johannes Jacobs, die hospitaalbestuurder, sê hoewel daar pasiënte in die saal was, is niemand beseer nie. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

“Die brandweer en ander dienste het vinnig gereageer en die pasiënte kon na ’n leë dagsaal geskuif word. Die brand het minimale skade aangerig en het nie enige impak op ons dienste of daaglikse handelinge nie,” sê Jacobs.

Volgens hom is slegs linne, ’n bed se gordyn, ’n kussing en matras beskadig en is geen skade aan die gebou aangerig nie.

Die pasiënte moes geskuif word weens die erge rook, sê Jacobs.

Inspekteurs van die brandweer was Vrydagoggend weer op die toneel om die oorsaak van die brand te ondersoek.

Volgens Jacobs sal die skoonmaakproses begin sodra die ondersoek afgehandel is en hoop hulle om die pasiënte binne 24 uur weer terug te skuif na die saal.

Braam van Zyl, die afdelingsbeampte van die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens, sê met die brandweer se aankoms op die toneel, sowat 10 minute nadat hulle gekontak is, was die brand reeds geblus.

Volgens hom het die hospitaalpersoneel wit poeier-blussers gebruik.

’n Personeellid bedek sy neus en mond teen die rook en blusserpoeier nadat ’n brand in ’n saal in die Busamed Bram Fischer Internasionale Lughawe-hospitaal buite Bloemfontein geblus is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Bloemfontein  |  Brand  |  Hospitaal  |  Pasiënte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.