Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Passasier skop hoëhakke uit en bestuur taxi in Jhb

’n Vrouepassasier het Woensdagoggend in die Johannesburgse middestad agter die stuurwiel van ’n taxi ingespring nadat die bestuurder met pepersproei gespuit is toe hy glo in ’n bekgeveg met ’n metropolisielid was.

Die Twittergebruiker @Itu_langa het ’n video geplaas van Tshepiso Shongwe wat die vol taxi bestuur terwyl die duidelik ontstigte bestuurder sy brandende oë vryf.

In die twiet skryf @Itu_langa dat die metropolisieman die taxibestuurder in ’n woordewisseling met pepersproei toegetakel het.

In die video kan gehoor word hoe die passasiers haar voorskryf hoe om te bestuur.

Een passasier stel voor dat sy ’n kode 14-rybewys kry, waarop sy antwoord: “Ek hét een.”

In ’n stadium help die bestuurder haar om die ratte te verwissel nadat sy gestop het, terwyl hy steeds sy oë vryf.

Shongwe het aan SowetonLive gesê die bestuurder het Woensdagoggend op pad na die Noord-taxistaanplek teen die verkeer gery toe die polisieman hom voorgekeer het. Daarna het die rusie en voorval met die pepersproei gebeur.

’n Ander taxibestuurder het aangebied om die taxi teen betaling verder te bestuur. Dis toe dat Shongwe haar hoëhakskoene uitgeskop en agter die stuur ingeskuif het.

Sy het ’n bietjie hulp met die ratte nodig gehad omdat die voertuig ’n skorokoro (krok) is.

Die bestuurder het haar as beloning R20 in die hand gestop.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê hy is nie bewus van die voorval nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.