Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pastoor ontken hy het verkeersman k-woord toegesnou
Past. Neville Goodchild in die landdroshof in Bloemfontein.Foto: ALZANE NARRAIN

’n Bekende pastoor van Bloemfontein ontken ten sterkste dat hy die k-woord gebruik het in ’n rusie tussen hom en ’n provinsiale verkeersman waarin die vuiste na bewering geklap het.

Dit het daartoe gelei dat past. Neville Goodchild (42) van die Lewende Woord-tentkerk in Bloemfontein vandeesweek in die plaaslike landdroshof voor landdros Johandi Gouws op ’n aanklag van crimen injuria verskyn het.

Die saak van aanranding op Goodchild teen die verkeersman, Robbie Mazibuko (48) van Turflaagte, Bloemfontein, is byna twee weke gelede ook in die landdroshof tot volgende maand uitgestel.

Sy vertoë tot die direkteur van openbare vervolging (DOV) om die aanklag teen hom te laat vaar het misluk.

Nico Naudé van Nico Naudé-prokureurs sê hy is voornemens om namens Goodchild soortgelyke vertoë tot die DOV te rig om vervolging teen sy kliënt te staak.

’n Video van die gebeure op 30 September 2016 op ’n parkeerterrein in Donald Murray-rylaan wat sy kliënt geneem het, sal die vertoë vergesel.

In afwagting op die uitslag hierop is Goodchild se verhoor ook tot volgende maand uitgestel.

Ek ontken kategories dat ek die k-woord gebruik het. Ek het ’n sterk standpunt vir versoening.

Goodchild het die video aan Netwerk24 getoon. Geluide wat soos houe klink, kan gehoor word, maar nie die k-woord nie.

Goodchild, wat op die Woodland Hills-landgoed woon, beweer hy is verskeie keer op die blad, skouer, arm en in die gesig geslaan. Volgens hom het hy die hele tyd in sy bakkie bly sit en Mazibuko wou na bewering sy selfoon gryp.

Hy beweer verder dat Mazibuko sowat R7 000 se skade aan sy voertuig aangerig het.

“Ek ontken kategories dat ek die k-woord gebruik het. Ek het ’n sterk standpunt vir versoening.”

In in ’n beëdigde verklaring wat Mazibuko 25 dae ná die voorval afgelê het, sê hy nie ’n enkele woord oor die beweerde aanranding nie.

Hy beweer nadat Goodchild foto’s geneem het, het hy hom die k-woord toegesnou, in sy bakkie gespring en weggejaag.

Blykbaar het die probleme begin toe Goodchild ná ’n besoek aan ’n gimnasium in trurat by ’n hek uitgery het, terwyl Mazibuko en ’n kollega in ’n amptelike motor aangery gekom het.

Die twee motors het toe stilgehou op ’n parkeerterrein by Absa waar die rusie uitgebreek het.

Dolf Nel kla aan.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Verkeersman  |  Pastoor  |  Crimen Injuria  |  Padwoede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.