Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Patoloog kla vrou, haar ouers aan voor hy lewe neem

Net meer as twee maande voordat ’n Kaapse patoloog eers sy sewejarige seun en daarna homself geskiet het, het hy ’n aanrandingsklag teen sy vrou en haar ouers by die polisie ingedien.

Dr. Johann, Dylan en Nandia Neethling. Foto: Facebook

Dr. Johannes Neethling se vrou, Nandia, en haar ouers, Kobus en Gertruida Visser, sou die afgelope Woensdag in die hof verskyn, maar die klagte is Maandag, ’n dag ná die tragedie, teruggetrek.

Die lyke van Neethling en sy seun, Dylan, is verlede Sondag in die vroeë oggendure in sy huis in Mozartstraat, Kaapzicht, ’n buurt naby die Panorama-hospitaal, gevind. Dylan was ’n leerling aan die Laerskool Panorama in Welgelegen. Die skool het Dylan die afgelope week as ’n “pragseun” beskryf.

Rapport verstaan dat Neethling ’n nota agtergelaat het waarin hy sy optrede verduidelik, maar weet nie wat die presiese inhoud daarvan is nie.

Die Neethlings, wat in 2011 getroud is, se huweliksbootjie was glo die afgelope maande in woeste water. Die 69-jarige Neethling en sy 38-jarige vrou was van bed en tafel geskei. Dylan, die egpaar se enigste kind, het glo naweke by sy pa gekuier. Neethling het ook volwasse kinders uit ’n vorige huwelik.

Volgens die polisie het Nandia en haar ouers (wat in Ceres woon) na bewering haar man op 17 Julie aangerand, waarna hy ’n klag teen hulle ingedien het. Nandia het Saterdag per teksboodskap aan Rapport gesê dié bewerings is “als vals”. “Johann het sake gemaak (as) hy nie sy sin kon kry nie. Ek wou hom nie nog ’n kans gee nie, toe neem hy wraak en vat ’n juweel (weg).”

Rudi Visser, Nandia se broer, sê ook Neethling se klagte teen sy suster en ouers was “op leuens gebaseer”. Visser sê Neethling het “probeer vuil speel om my suster in ’n slegte lig te stel en om haar en ons almal se lewens so onaangenaam as moontlik te maak”.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het die aanrandingsklagte teen Nandia en haar ouers bevestig. Nandia se ouers was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Meer oor:  Dylan Neethling  |  Nandia Neethling  |  Aanranding  |  Gesinsmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.