Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pauw-boek: Breyten vrees ‘ver-Vlakplasing’
Breyten Breytenbach Foto: Le Roux Schoeman

Terwyl die uitgewer van die omstrede nuwe boek oor pres. Jacob Zuma volhou dat hy “pogings om die boek te laat onttrek”, sal beveg en die drukoplaag vergroot word, sê die digter Breyten Breytenbach meer mense moet hieroor in die kryt klim.

“Ek voel daar behoort ’n gekoördineerde poging geloods te word om die buitewêreld in te lig oor wat nou weer lelik opslaan in die land waar ‘the worst somehow never happens’,” het Breytenbach gesê ter stawing van sy pleidooi vir ’n protesskrif teen pogings om die ondersoekende joernalis Jacques Pauw se boek The President’s Keepers van die rakke te hou.

Ons mag nie toesien hoe die evaluering van sy navorsing en verslaggewing vervlak word tot die siniese interprasie daarvan implisiet in die base se poging om hom monddood te maak.

Breytenbach was vol lof vir Pauw: “Ons mag nie toesien hoe die evaluering van sy navorsing en verslaggewing vervlak word (geVlakplaas?) tot die siniese interprasie daarvan implisiet in die base se poging om hom monddood te maak. Indien die regering sou dink hy verklap die metodes waarop staatsveiligheid sou berus, of indien daar beweer word die president is belaster deur die bewysbare waarhede aangaande sy skelmstreke, beskik die gereg tog sekerlik oor voldoende alternatiewe om binne die wet te reageer,” meen Breytenbach.

Jacques Pauw se omstrede nuwe boek.

Nou doen die digter-skilder ’n beroep op “skrywersorganisasies en gemeenskappe” en hoop veral die internasionale uitgewers neem kennis van “die verslegtende omstandighede in Suid-Afrika, en die kommerwekkende moontlikheid dat vryhede van die pers en uitgewerye aangetas en beperk mag word”.

NB Uitgewers het Saterdag te kenne gegee dat hy “oorweldig” is deur aanvraag na The President’s Keepers, wat vandeesweek aansienlike aandag gekry het deur ’n aanmaning van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) dat Pauw en sy uitgewer die boek van die rakke moet verwyder omdat van die aansprake wat Pauw maak, dele van die belastingswette oortree.

Daar het selfs ’n kitsswartmark vir die boek, gegrond op sosiale media, ontstaan wat die uitgewer genoop het om rooflesers daarop te wys dat alle onwettige verspreiding van die boek inderwaarheid die skrywer skade berokken. “Ons verstaan vele (rooflees) uit onskuld, met die gedagte dat dit in protes is teen die Staatsveiligheidsagentskap se pogings om die boek te laat terugtrek. Rooflees maak dié dapper skrywer seer,” het NB Uitgewers in ’n verklaring geskryf.

Meer oor:  Jacques Pauw  |  Boek  |  Breyten Breytenbach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.