Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pendeldiens ingestel na nuwe waterwurm in Mosselbaai
Dirk Steyn, eienaar van die nuwe waterwurm by die Diaz-strand in Mosselbaai.Foto: Eugene Gunning
Die Diaz-waterpark by Mosselbaai is die waterwurm se nuwe tuiste. Foto: Eugene Gunning
Matthew Steyn (8) gly by die nuwe waterwurm by die Diaz-waterpark in Mosselbaai af.

Dirk Steyn, die eienaar van die nuwe waterwurm by die Diaz-strand in Mosselbaai, gaan ’n pendeldiens tussen Hartenbos en die nuwe waterglybaan instel.

Die diens begin volgende week en eindig vroeg in Januarie. Dit sal elke twee uur van 09:00 tot 23:00 tussen Diaz-strand en Hartenbos loop. Dit kos R20 per rit en sluit twee gratis glye ter waarde van R10 op die waterglybaan in. Die diens begin en eindig elke dag by Dolf se stasie in Hartenbos.

Ingeligtes sê dit is nie onmoontlik dat die nuwe diens sommige mense van die ATKV se nuwe seefrontontwikkeling kan wegrokkel nie.

Steyn het voorheen die waterwurm as deel van ’n waterpretpark in Hartenbos bedryf. Dit was deel van ’n gesinsonderneming en een van die bekendste bakens in Hartenbos.

Dit is vroeër vanjaar gesloop nadat dit meer as 30 jaar in bedryf was. Die waterwurm moes vir ’n nuwe ontwikkeling van die ATKV in Hartenbos plek maak.

Die waterwurm, wat voorheen by die ATKV-oord by Hartenbos was, is nou deel van die Diaz-waterpark.

Steyn sê die nuwe waterpark is voluit in bedryf. Hy het onlangs ’n klein terugslag beleef toe ’n ondergrondse waterpyp losgeruk het, maar dit is herstel en alles is nou onder beheer.

Vanjaar is die eerste keer in 40 jaar dat ek nie in Hartenbos betrokke is nie. Dit is hartseer, maar ek kyk vorentoe.

“Vanjaar is die eerste keer in 40 jaar dat ek nie in Hartenbos betrokke is nie. Ek het daar grootgeword en baie tyd en energie daar ingesit. Dit is hartseer, maar ek kyk vorentoe.”

Hy sien die park by Diaz-strand as ’n nuwe geleentheid. “Ek het aanvaar wat gebeur het.”

Hy het besluit om die pendeldiens in te stel, want hy het verskeie navrae gekry van mense wat wou weet wat van die waterwurm geword het.

“Ek glo daar is nog baie mense in Hartenbos wat my sal ondersteun.”

Hy is sedert Februarie by Diaz-strand. Toe hy dit oorneem, was die geriewe nie in ’n goeie toestand nie en moes dit eers opgeknap word. Die onderdakswembadgeriewe is onder meer uitgebrei en van glybane voorsien.

“Ek het baie geld bestee om dit op te knap en weer op standaard te bring.”

Hy het ook die veiligheidsmaatreëls verbeter.

Buite is nuwe waterglybane aangebring en ’n deel van die bestaande minigholfbaan is gesloop. Hy kyk ook na planne om dit later uit te brei.

Meer oor:  Mosselbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.