Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Penis-skilder verf Steve in jongste werk

Die Australiese kunstenaar Tim Patch, oftewel Pricasso, wat onder meer met sy penis, skrotum en agterstewe skilder, steek die draak met die sanger Steve Hofmeyr in ’n skildery.

Pricasso is vanjaar een van die vele attraksies op die Love Sex Expo in Oktober in Pretoria.

Hy het sy jongste satiriese kunswerk gemaak in ’n “ballsy” (dapper) poging om te wys dat hy nou die “warmste” kunstenaar in die stad is, lui ’n verklaring van die Love Sex Expo.

Pricasso met sy jongste satiriese kunswerk waarin hy Steve Hofmeyr geskilder het. Foto: Verskaf

In dié kunswerk het Pricasso vir Hofmeyr só uitgebeeld: Hofmeyr is kaal en hou ’n kitaar in die hand voor hom. Hy is nogal gespierd en goed gebou. Maar dan is daar duiwelhorinkies wat by sy kop uitsteek, en onder hom is vlamme.

Dit is nie duidelik wat die storie agter dié kunswerk is of waar Pricasso se inspirasie vandaan kom nie.

Na aanleiding van ’n plasing op Twitter lyk dit of Pricasso in Nederland is vir die Loversland Adult Expo. Hy kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Pricasso, wat gehore wêreldwyd vermaak, is volgende maand vir die eerste keer in Pretoria.

Hofmeyr kon nie vir kommentaar bereik word nie. Sy seun Devon en sy agent, Leeza Mulder, is ook om kommentaar genader maar het nie reageer nie.

* Die Love Sex Expo vind van 10 tot 13 Oktober by Time Square in Menlyn, Pretoria, plaas.

Weens die aard van die ekspo word besoekers van jonger as 18 nie toegelaat nie.

Meer oor:  Steve Hofmeyr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.