Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Perronne op Kaapstad-stasie herstel
Werkspanne het Saterdag die perronne wat in ’n brand beskadig is, herstel.

Drie dae nadat twee perronne in die Kaapstad-stasie deur ’n brand beskadig is, is dit herstel.

Die brand het Saterdag sewe waens, twee vir masjinerie en vyf vir passasiers, vernietig. Groot skade is ook aan die perronne aangerig en meer as 160 m oorhoofse kabels is beskadig.

Herstelwerk word aan die oorhoofse kabels gedoen.

Ingenieurs het bevestig die brûe en ander oorhoofse strukture is nie ernstig beskadig nie en die spore wat na die perronne lei, kan ook gebruik word, sê Riana Scott, woordvoerder van Metrorail.

Richard Walker, streeksbestuurder van Metrorail, het pendelaars bedank vir hul geduld die afgelope twee dae.

“Ons het baie hard gewerk om die herstelwerk so vinnig as moontlik te doen, maar veiligheid is ’n voorkeursaak,” sê hy in ’n verklaring.

Hy het die spanne wat die herstelwerk gedoen het, bedank.

Daar was skade aan die oorhoofse strukture van die perronne, maar dit was maklik herstelbaar.
Meer oor:  Brandskade  |  Herstelwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.