Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Persombudsman-bevinding: Verskoning aan Duane Vermeulen

In ’n uitspraak oor ’n klag oor die rubriek “Skuimkop” (“Meng jou met die semels”; DB 30.03.19) het die persombudsman bevind Die Burger het klousule 7 van die perskode oortree deur foutiewelik in die rubriek te beweer dat Duane Vermeulen ’n foto waarop hy en die sanger Steve Hofmeyr saam verskyn op Twitter geplaas en daarna verwyder het.

Dit is ’n vlaktwee-oortreding. Die Burger moet teenoor Vermeulen verskoning aanteken oor die foutiewe bewering.

REGSTELLING: In die bovermelde rubriek is verkeerdelik beweer dat Duane Vermeulen ’n foto waarin hy en die sanger Steve Hofmeyr saam verskyn op Twitter geplaas en daarna verwyder het. Vermeulen het nooit die foto geplaas nie, en kon dit dus ook nie verwyder het nie. In die onderskrif by die foto is ’n “familievriend” van die Vermeulens ook verkeerdelik geïdentifiseer as “Bobby van Jaarsveld se vrou”.

VERSKONING: Hiermee teken Die Burger verskoning teenoor mnr. Vermeulen aan vir die foutiewe bewerings en enige verleentheid wat daardeur veroorsaak kon wees.

* Volledige uitspraak op http://www.presscouncil.org.za/duane-vermeulen-vs-die-burger/

Meer oor:  Duane Vermeulen  |  Skuimkop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.