Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Personeel van Poskantoor verloor dalk mediese fonds

Meer as 10 000 personeellede van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) se lidmaatskap van die mediese fonds Medipos kan teen einde vanjaar opgeskort word.

Luidens ’n brief wat Medipos op 9 Oktober aan sy lede gestuur het, skuld die staatsentiteit hom meer as R213,3 miljoen aan bydraes.

Sapo het sedert 1 April nie lede se lidmaatskapsbydraes aan die administrateur van die mediese fonds oorbetaal nie, sê Medipos.

“Indien die agterstallige bedrae nie teen 31 Desember ontvang word nie, sal die lidmaatskap opgeskort word. Ons het geen ander alternatief indien Sapo nie die bydraes aan ons betaal nie,” lui die brief.

Pensioentrekkers van die poskantoor word ook daardeur geraak.

Anet de Lange, ’n pensioentrekker van Pretoria, sê sy kan nie bekostig dat haar lidmaatskap van die fonds opgeskort word nie.

Sy sê sy is in 2001 ongeskik verklaar weens iemand anders se nalatigheid by die werk. “Ek is medies ongeskik verklaar en die poskantoor het onderneem om vir die res van my lewe twee derdes van my lidmaatskap te betaal en dat ek dan die ander derde uit my pensioen betaal.

“Ek is op chroniese medikasie en kan nie my mediese fonds verloor weens ander se nalatigheid nie.”

De Lange sê sy kry geen antwoord oor waarheen haar bydraes vir die mediese fonds gaan nie.

Johan Kruger, woordvoerder van Sapo, sê die topbestuur voer gesprekke met diensverskaffers om die impak op die personeel te probeer beperk.

Meer oor:  Mediese Fonds  |  Poskantoor  |  Personeel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.