Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Peta gooi ’n knuppel in die duiwehok

’n Internasionale diereregte­organisasie het die eienaars en organiseerders van die jaarlikse Suid-Afrikaanse Miljoendollar-duiwewedvlug (SAMDPR) by die regering, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die Dobbelraad verkla.

Nirali Shah, senior woordvoerder van People for the Ethical Treatment of Animals (Peta), het in ’n e-posboodskap gesê hulle het aan die einde van verlede jaar met ’n ondersoek na die wedvlug en die organiseerders begin.

Hulle het bevind dié organisasie maak hom moontlik skuldig aan dieremishandeling, geldwassery en belastingontduiking.

Arno de Klerk, senior inspekteur belas met spesiale ondersoeke van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV), het gesê hy het saam met Peta se ondersoekers aan die projek gewerk.

Baie van die duiwe gaan glo tydens die wedvlugte dood aan uitputting, uithongering en ontwatering.

Baie van die duiwe gaan glo tydens die wedvlugte dood aan uitputting, uithongering en ontwatering. Volgens hom het net die helfte van die duiwe wat op 8 Februarie in Hanover in die Noord-Kaap vir die wedvlug vrygelaat is, by die duiwehokke aangekom wat 600 km van daar by die Heron Banks-golflandgoed in die Noord-Vrystaat staan.

Michael Holt, die rendirekteur van die wedvlug, het by navraag gesê hy is bewus van Peta en die NDBV se ondersoeke. Hy sê bewerings van wreedheid, dobbelary en belastingontduiking is vals.

Jared Goodman, vise-president van Peta, het Barbara Creecy, minister van omgewingsake, landbou en visserye, in ’n brief versoek om ook dringend ondersoek te laat doen na die beweerde onwettige invoer van uitheemse renduiwe wat genetiese besmetting van Suid-Afrika se inheemse duiwe kan veroorsaak.

Briewe is ook aan die SAID en die Dobbelraad gestuur om hulle te vra om ondersoek te doen.

Goodman skryf dit het uit Peta se ondersoek geblyk dat ’n indringer-duifspesie (Columba livia) jaarliks deur agente van die Suid-Afrikaanse Miljoendollar-duiwewedvlug en sy moedermaatskappy, Air Sport Internationale SA (ASI), sonder die nodige permitte vir dié wedren inge-voer word.

Die ASI is ’n private Switserse maatskappy en besit die wedvlug se regte.

“Dit hou ernstige gevolge vir die natuurlike omgewing in omdat tienduisende van die uitheemse duiwe die afgelope ses jaar aan wedrenne deelgeneem het en nooit by hul bestemming uitgekom het nie.

“Baie van die uitheemse duiwe teel met inheemse duiwe en kan oordraagbare siektes versprei.”

30 000 duiwe is die afgelope ses jaar ingevoer om aan die wedvlug deel te neem.

Die SAMDPR het in daardie tyd – volgens hul eie rekords – 22 272 duiwe “verloor”.

De Klerk sê die NDBV het ’n aansoek ingevolge die Wet op die Toegang tot Inligting (Paia) gebruik om vas te stel dat Creecy se departement nooit invoerpermitte vir die uitheemse duiwe aan die SAMDPR of ASI uitgereik het nie.

Volgens Holt het die departement van omgewingsake sowat twee weke gelede by die organiseerders navraag gedoen oor permitte en hy het dié departement verseker al hul permitte is in orde.

Hy het gesê wedvlugte is nie dobbel nie en daarom is dié organisasie nie by die Dobbelraad geregistreer nie. Belasting is die SAMDPR se grootste uitgawe en hy betaal gereeld sy inkomstebelasting en verskeie ander belastings.

Meer oor:  Klagte  |  Dobbel  |  Peta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.