Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Phumzile hou ANC se saak teen Hofmeyr dop
Phumzile van DammeFoto: Daily Sun

Die DA-LP Phumzile van Damme sê sy sien uit na die ondersoek wat die polisie na die sanger Steve Hofmeyr gaan doen.

Dit kom nadat die ANC Maandagmiddag klagte van crimen injuria en die aanhitsing tot geweld teen Hofmeyr ingedien het.

Die klagte spruit uit Hofmeyr se twiet waarin hy glo vir Zindzi Mandela, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Denemarke, en Phumzile van Damme, DA-LP, gedreig het.

Die ANC-woordvoerder Pule Mabe het buite die polisiekantoor aan die media gesê Hofmeyr se twiets oor Mandela en Van Damme is onhoudbaar en optrede is derhalwe nodig.

“Ek sien uit na die uitkoms van die polisie-ondersoek,” het Van Damme Maandagmiddag gesê.

Sy het verlede week op Twitter geskryf hoe sy ’n man in die V&A Waterfont in Kaapstad geslaan het omdat hy volgens haar ’n rassistiese uitlating teenoor haar gemaak het.

Mandela het onlangs op Twitter stelling ingeneem oor “apartheidsapologete” en die grondkwessie.

Intussen het oudpres. Thabo Mbeki ook volgens die Sunday Tribune gevra dat daar teen Mandela opgetree word as bevind word haar twiets oor grondhervorming weerspreek die standpunt van pres. Cyril Ramaphosa.

Mandela het op Twitter getwiet sy vind Mbeki se opmerkings “interessant”.

Mabe het gesê Mbeki se opmerkings is “sy (Mbeki se) mening. Hy het nie die ANC vir toestemming gevra voordat hy sy menings gelug het nie. Ons kan nie sentimente deel wat nie voor die tyd met ons uitgeklaar is nie”.

Volgens Mabe is die ANC bekommerd oor die vlaag rasse-voorvalle in die land.

“Ons is bekommerd oor die stygende rassespanning. Dit is hoekom ons van dié saak ’n voorbeeld maak. Ons wil hê dit moet die herlewing waarvan ons praat, konsolideer en ons mense herenig,” het Mabe gesê.

“Die ANC simpatiseer nie met rassiste nie, en ons sal nie huiwer om hul gedrag, ongeag wie hulle is, by die owerhede aan te meld nie. Om ’n klag van crimen injuria teen Hofmeyr in te dien, sal ’n sterk boodskap stuur dat rassiste nie in ons demokratiese samelewing geduld sal word nie.”

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Armand en Devon Hofmeyr, twee van Hofmeyr se seuns, het Maandag per WhatsApp-boodskap reageer op die ANC se klagte teen hul pa, berig Ischke de Jager.

“My pa het nog nooit haatspraak gepleeg nie. Sy waarskuwing aan dié wat geïnspireer word deur staatsamptenare se uitsprake om minderhede uit te wis, sal hulle rieme oral styfloop,” sê Armand, ook ’n sanger.

Devon het gesê “die ANC sal nou enigiets doen om sy eie foute toe te smeer.”

Hy is opgewonde om te sien wat uiteindelik gaan gebeur, het hy bygevoeg.

Hofmeyr kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Phumzile Van Damme  |  Zindzi Mandela  |  Steve Hofmeyr  |  Twiets  |  Klag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.