Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Charl wil ‘vriendegroep’ vir Bloem-klavier begin
Charl du Plessis

Charl du Plessis, Suid-Afrikaanse konsertpianis en oud-Bloemfonteiner, wil ’n vriendskapsgroep begin vir die kosbare Steinway-vleuelklavier van 1936 wat die brand in die stad se stadsaal oorleef het.

Du Plessis sê hy en Cobus van Aardt, ’n skoolmaat, het vir die destydse staatspresidentspaar PW Botha en sy vrou, Elize, in die stadsaal gesing en is begelei deur iemand wat op die groot vleuelklavier gespeel het.

Die Volksblad se voorblad waarop Charl du Plessis en Cobus van Aardt staan toe hulle vir die in der tydse staatspresidentspaar, PW Botha en Elize Botha, in die Bloemfonteinse stadsaal gesing en op die Steinway-klavier van 1936 begelei is. Foto: Volksblad

“Dit het ons in 1978 saam met die staatspresidentspaar op die voorblad van Volksblad laat beland. Ek bêre nog steeds die vergeelde voorblad.”

Du Plessis, wat self vir Nataniël op daardie klavier begelei het, sê dié klavier is so kosbaar dat daar behoorlik oor die toekoms daarvan besin moet word.

“ ’n Vriende van die klavier-vereniging kan moontlik help om ’n geldinsamelingsprojek op die been te bring om die Steinway behoorlik te restoureer en te herstel. Dié spanpoging kan weer help om die moraal van die mense te lig.”

Hy sê as kind en leerling van Grey-kollege (Primêr) was hy deel van die Grey-koorfees.

“Ons het saam met ander skoolkore in die Bloemfonteinse stadsaal opgetree waar ons op daardie klavier begelei is.

“Toe ek as kind hoor Arthur Rubinstein is die beste pianis in die wêreld en hy het ook op daardie klavier gespeel, het ek hoendervleis gekry.”

Toe ek as kind hoor Arthur Rubinstein is die beste pianis in die wêreld en hy het ook op daardie klavier gespeel, het ek hoendervleis gekry
Charl du Plessis, konsertpianis

Du Plessis sê die Steinway-vleuelklaviere is in Duitsland vervaardig. Die Tweede Wêreldoorlog het tydelik veroorsaak dat die vervaardiging gestaak is.

“As ’n mens dus ’n vooroorlogse Steinway het, moet jy jou seëninge tel. Ek het al op baie Steinway-klaviere gespeel en weet dat daardie klavier heel moontlik die oudste in Suid-Afrika kan wees. Die tweede oudste Steinway is moontlik die een wat in Kroonstad se stadskouburg gestaan het en wat in 1942 gebou is.”

Die kosbare Steinway-vleuelklavier van 1936 wat die brand in die Bloemfonteinse stadsaal oorleef het.

Du Plessis voel dat die klavier wanneer dit klaar gerestoureer en herstel is moontlik na ’n veilige plek vir bewaring verskuif moet word.

Ook dr. Johan Cromhout, bekende pianis van Bloemfontein wat altyd op burgemeestersgeleenthede en vir gesellighede van burgemeestersvroue op daardie klavier gespeel het, sê hy sal beslis so ’n inisiatief ondersteun.

“Ek sou bitter graag die klavier onder oë wou kry om te sien hoe erg dit beskadig is.”

Hy sal ook voorstel dat die klavier deur die maatskappy Ian Burgess-Simpson van Kaapstad, wat in Suid-Afrika dié vakmanne is wat aan Steinway-klaviere werk, herstel moet word.

Qondile Khedama, hoofbestuurder vir kommunikasie van die Mangaung-metro, sê hy dink ’n vergadering moet hieroor gehou word.

Du Plessis kan by 083 449 1688 gebel word en Cromhout by 083 274 6655.

Meer oor:  Charl Du Plessis  |  Bloemfontein  |  Pianis  |  Begin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.