Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pienk brandweerwa eerste in SA
Hope (Helping Our People Everywhere), die nuwe pienk brandweerwa van die Kaapse-metro se brand- en reddingsdienste.

’n Pienk brandweerwa, die eerste van sy soort in Suid-Afrika, is die naweek onthul tydens die Toughest Firefighter Alive (TFA) -kompetisie in Kaapstad waaraan Suid-Afrika se taaiste brandbestryders deelgeneem het.

Die brandweerwa genaamd Hope, ’n opgeknapte Ford FMC van die Kaapse-metro se brand- en reddingsdienste se brandweerwaens, is omskep om die Sunflower-stigting te help om mense wat kanker het by te staan. Hope (wat staan vir “Helping Our People Everywhere”) is ook die eerste pienk brandweerwa in die Kaapstad-metro se vloot. Die brandweerwa sal by die Wynberg-stasie gestasioneer wees en nie vir noodgevalle gebruik word nie.

Hulle wens is dat die brandweerwa ’n simbool van hoop sal wees vir mense wat kanker het, en ’n aansporing vir mense sal wees om met projekte te help, sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in die Kaapstad-metro in ’n verklaring.

Baigum Abrahams (links) van die Kaapstad-metro en die mansafdeling se wenner Emile Conrad van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, wenners van die Toughest Firefighter Alive (TFA) -kompetisie.

Hope sal onder meer gebruik word vir projekte van Reik vir ’n Droom, kinders se hospitaalbesoeke, veldtogte oor gesondheidsorg vir terminale siektes soos kanker en die Pink Drive-program vir skole oor ’n gesonde lewenstyl en die risikofaktore van kanker. Die Pink Drive-organisasie is gemoeid met bewusmaking oor die voorkoming van kanker.

Die TFA-kompetisie is Vrydag en Saterdag by die brandweerstasie in Roelandstraat gehou. Daar was 106 deelnemers van oral in Suid-Afrika. Die wenner in die vroue-afdeling is Baigum Abrahams van die Kaapstad-metro en die mansafdeling se wenner Emile Conrad van die Garden Route-distriksmunisipaliteit. Dit was die vyfde opeenvolgende keer dat Conrad die titel wen. Brandbestryders is beoordeel volgens hulle fiksheid, uithouvermoë en krag. Hulle moes verskeie uitdagings baasraak soos om ’n brandslang te sleep, by ’n toring af te klouter en 800 m ver te hardloop, geklee in volle brandbestrydersdrag.

Meer oor:  Brandweer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.