Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Piet ‘Skiet’ (82) sterf in hospitaal
Piet “Skiet” RudolphFoto: Facebook

Piet “Skiet” Rudolph, ’n bekende in regse kringe, is Dinsdagmiddag in ’n hospitaal in Pretoria oorlede in die ouderdom van 82 jaar.

Sy gesin het op sy Facebook-profiel die afsterwe van Rudolph as ’n “eggenoot, pa en volksman” bevestig.

“Baie dankie aan almal vir die hulp en bystand wat verleen is en steeds verleen word. Ons waardeer dit opreg. Sy stryd is verby, maar ons s’n duur voort,” lui die inskrywing wat aan sy vrou, Sandra, en dogter, ook Sandra, toegeskryf word.

Begrafnisreëlings sal mettertyd bekendgemaak word.

David Christie, ’n vriend van Rudolph, het aan Netwerk24 bevestig dat hy om 16:00 oorlede is en gesê ’n volledige verklaring sal Woensdag uitgereik word.

Vriende van Rudolph het einde Desember verlede jaar gevra vir skenkings om sy mediese onkoste te help dek nadat hy in die Steve Biko-hospitaal weens ’n “hewige infeksie” aan sy voet opgeneem is en hy later ook infeksie in sy bors opgedoen het.

Rudolph was die afgelope paar jaar betrokke by ’n groep wat as die Boere-Republikeine bekendstaan en het die groep se Facebook-blad bestuur.

Hy was voorheen ’n raadslid in Pretoria vir die Herstigte Nasionale Party (HNP) en ’n lid van die Konserwatiewe Party (KP).

Later het hy ook ’n prominente lid van die Afrikaner

Weerstandsbeweging (AWB) geword, asook die Boerestaatparty en leier van die Orde Boerevolk.

Hy was oor die jare in die nuus vanweë verskeie hofsake waarby hy betrek is.

Piet Rudolph buite die hof in Pretoria in 2005.Foto: Liza van Deventer

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.