Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pik Botha in sy slaap dood by huis

Sy pa is Vrydag omstreeks 06:00 in sy slaap in sy huis in Akasia, Pretoria, dood, sê die rocksanger Piet Botha, seun van die 86-jarige oudminister Pik Botha.

Botha, wat in ’n stadium die langsdienende minister van buitelandse sake in die wêreld was, is onlangs in die Unitas-hospitaal in Centurion opgeneem vir hart- en longtoetse, maar het homself ontslaan, sê Piet Botha.

'Ek sou meer stories wou geskryf het,' vertel Pik aan Huisgenoot-joernalis Hilda van Dyk.

“Ek sal hom onthou as ’n unieke soort mens, ’n bron van energie vir almal wat in sy teenwoordigheid was,” het hy gesê.

Die oudminister het die laaste tyd gereeld gesê “die ouderdom het my nou ingehaal”.

Piet Botha sê die begrafnisreëlings is nog nie getref nie, maar die plan is dit sal op 23 Oktober in Akasia gehou word.

Die oudminister, wat in die kabinette van John Vorster, PW Botha, FW de Klerk en Nelson Mandela gedien het, word oorleef deur sy tweede vrou, Ina, en sy vier kinders uit sy eerste huwelik met wyle Helena Botha. Hulle is Piet, Roelof, Anna en Lien.

Meer oor:  Pik Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.