Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Pik Botha moet in hel brand’ sê BLF-leier
Andile Mngxitama Foto: Lisa Hnatowicz

Nie almal het oudmin. Pik Botha Vrydag in ’n positiewe lig onthou nie.

Twitter was aan die gons oor dié oudminister van buitelandse sake en later minister van minerale en energie in oudpres. Nelson Mandela se kabinet wat Vrydagoggend in Pretoria oorlede is.

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het op Twitter só op Botha se dood reageer: “Dié een wat Pik Botha genoem word, het apartheid verdedig en ons vryheid vertraag. Hy het gesterf sonder om eens vir ons te sê wie die dood van kameraad Samora Machel (die staatshoof van Mosambiek wat in 1986 in ’n vliegongeluk dood is) bewerkstellig het. Moenie my insluit in jul pryssange nie.”

Andile Mngxitama, leier van die Black First Land First-beweging (BLF), het nie sy kritiek ingeperk nie. Hy het getwiet: “#PikBotha was ’n massamoordenaar. @BLF_South Africa het ’n saak teen hom en FW de Klerk geopen en die NVG (nasionale vervolgingsgesag) weier om op te tree teen dié bose apartheidsmoordenaars. BLF sê Pik Botha moet in die hel brand.”

Carl Niehaus, die woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe-veteranevereniging (MKMVA), se twiet het gelui: “Dié man #Pik Botha het pas gesterf. Nie nodig om oor ’n apartheid-skurk te rou nie!”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.