Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pitbull van kant gemaak ná hy glo 2 kinders byt

’n Pitbull wat glo twee kinders binne die bestek van ’n maand gebyt het, is van kant gemaak.

Die jongste slagoffer, ’n peuter wat volgens bronne sowat een jaar oud is, is Maandag in Agstestraat, Hillside, in Port Elizabeth deur die hond gebyt.

Volgens ’n ooggetuie wat anoniem wil bly, het die kind en sy ouers by die hond se eienaar gekuier toe die hond hom aan die kop byt.

“Dit het gelyk asof die kind aan die sagte deel van die kop gebyt is; daar was taamlik baie bloed. Die kind het gelukkig oorleef,” het die ooggetuie aan Netwerk24 gesê.

Die pitbull wat Maandag deur die Animal Anti-Cruelty League (AACL) in Port Elizabeth gekonfiskeer en van kant gemaak is nadat hy ’n kind gebyt het.

Die ooggetuie beweer dieselfde hond het minder as ’n maand gelede ook ’n driejarige kind gebyt.

Volgens Beverly Rademeyer, inspekteur van die Animal Anti-Cruelty League (AACL) in Port Elizabeth, is die pitbull, wat op tussen drie en vier jaar oud geskat word, reeds Maandag gekonfiskeer en van kant gemaak.

Sy sê die eienaar van die hond is ook al voorheen amptelik gewaarsku oor sy honde se gedrag.

“Ek het dit al soveel keer gesê, ’n hond, ongeag die ras, se optrede word deur die eienaar se optrede en hantering beïnvloed. Die hond se optrede is nie sy skuld nie, dit word toegeskryf aan die eienaar.”

Honde wat die grootste deel van die dag aan ’n ketting vasgemaak word, is volgens Rademeyer een van die hoofredes wat aggressiewe gedrag aanwakker.

“Honde kan nie praat nie en hul gedrag dui op hul frustrasie.”

Rademeyer sê hulle is bewus van ’n tweede pitbull wat by die betrokke honde-eienaar se huis is. ’n Ondersoek word gedoen om te bepaal of dié hond ook verwyder moet word.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Dinsdagoggend gesê nog geen saak is in verband met die voorval by die polisie aangemeld nie.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Pitbull  |  Byt  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.