Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Plaasbakkie bespuit met ‘Kill the Boer’, aan brand gesteek
Die brandende bakkie met slagspreuke. Foto: Facebook/Roxanne Gee

Die polisie in Noordwes ondersoek ’n saak van kwaadwillige beskadiging van eiendom nadat ’n bakkie op ’n plaas in Noordwes met doodsdreigemente soos “Kill the Boer” bespuit is.

Die 38-jarige klaer het volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, omstreeks 02:00 Sondag gehoor hoe die honde blaf en ondersoek ingestel.

Volgens voorlopige berigte is die man die plaasbestuurder op ’n plaas by Buffelspoort, naby Rustenburg in Noordwes.

“Toe hy ondersoek instel, sien hy hoe sy bakkie brand,” aldus Funani.

Die woorde “Kill the Boer”, #Kill you en #Kill is oor sy bakkie met spuitverf gespuit.

“Ons ondersoek steeds die voorval en is op soek na onbekende verdagte(s),” het sy Sondagaand gesê.

Niemand is beseer nie.

Nog niemand is gevang in verband met die doodsdreigemente op ’n plaasbakkie nie. Foto: Facebook/Roxanne Gee
Die bakkie is met slagspreuke soos #Killyou bespuit. Foto: Facebook/Roxanne Gee
Meer oor:  Noordwes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.