Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Plaasjapies’ bring groot eer vir fotografiestudent

Foto’s van Suid-Afrikaanse “plaasjapies” het vir ’n fotografiestudent van Stellenbosch ’n topprys besorg.

Coenraad Heinz Torlage het die Sony-wêreldfotografieprys as die studentfotograaf van die jaar gewen.

Dié foto uit Coenraad Heinz Torlage se wenreeks is getiteld ‘HW and Olwethu After a Long Day Herding Cattle on Horses’. Foto: Coenraad Heinz Torlage

Die kompetisie, in sy 14de jaar, word aangebied deur die Wêreldfotografie-organisasie.

Torlage is ’n finalejaarstudent aan die Stellenbosch Akademie van Ontwerp en Fotografie.

Benewens die titel het hy ook fotografietoerusting ter waarde van €30 000 vir die akademie gewen.

Torlage se inskrywing is gekies uit opdragwerk waarin studente aan 300 akademiese inrigtings wêreldwyd gevra is om te wys hoe hulle en hul tydgenote die wêreld beleef én daarvan ’n beter plek wil maak.

Torlage se reeks, Young Farmers, beeld die uitdagings uit wat die nuwe generasie boere ervaar, sê die beoordelaars.

‘Sanele and Sisi’, nóg ’n foto uit Coenraad Heinz Torlage se wenreeks. Foto: Coenraad Heinz Torlage

Uitdagings soos erge droogtes en plaasveiligheid en debatte rondom grondbesit loop hand aan hand met die boere se bydraes tot ’n meer regverdige toekoms en om voedselsekerheid te verseker.

“Ek het gereeld daarvan gedroom om te wen en gebid dat ek my land en sy wonderlike mense kon deel met die wêreld,” sê Torlage, wat self op ’n plaas grootgeword het.

Hy sê hy glo veral in die jong boere van Suid-Afrika, omdat hulle nodig is om kos te produseer en bewustheid te skep oor die ekologie.

Meer oor:  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.