Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Plakkers bou hutte op treinspore

Metrorail het inwoners van Philippi in Kaapstad gewaarsku om nie op spoorlyne te plak nie.

Riana Scott, woordvoerder van Metrorail, sê plakkers het hutte in die ou Philippi-spoorwerf opgerig en bly nou daar.

Plakkershutte verrys oor die treinspore. Foto: Jaco Marais
Inwoners van Philippi slaan plakkershutte in Metrorail se ou depot op. Foto: Jaco Marais

Inwoners het foto’s van plakkershutte in die middel van die spoorlyn op die Facebook-blad gangwatch geplaas.

Dinsdagmiddag was die strukture steeds op die spoorlyne.

“Ons is bewus daarvan en ondersoek die saak,” sê Scott. Plakkery is lankal ’n frustrasie vir Metrorail.

Daar word beplan om dié ou Philippi-depot te moderniseer. Prasa het vroeër huishoudings in Khayelitsha suksesvol verskuif. Hervestiging kan egter ’n uitgerekte proses wees. Samewerking van gemeenskapsleiers en die verskaffing van alternatiewe gedienste grond is belangrik.

Scott sê die plakkery op spoorweggrond word reeds in verskillende strukture in die stad bespreek.

Meer oor:  Metrorail  |  Philippi  |  Plakkers  |  Onwettige Strukture
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.