Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Plakkers in Midvaal weier ook om te trek

Inwoners van die Chris Hani- informele nedersetting in Ironside, buite Vereeniging, sê hulle gaan nêrens heen nie.

Die inwoners het doelbewus ’n hofbevel geïgnoreer wat die Midvaal-munisipaliteit drie weke terug bekom het.

Luidens die hofbevel moet hulle die stuk grond wat hulle sedert Maart onwettig beset, verlaat.

Die groep stuur egter selfs waarskuwings uit aan die Rooimiere.

“Ons het meer ondersteuning gewerf. Ons sal die Rooimiere ’n les leer wat hulle nie sal vergeet nie. Ons gaan nêrens heen nie,” sê Simon Folotsi, gemeenskapsleier.

“Ons baklei vir die land. Ons gaan die land nie maklik kry sonder dat bloed gestort word nie. Baie informele nedersettings in die Vaal ondersteun ons.”

Folotsi is een van die leiers wat mense help om die grond naby ’n treinspoor te beset.

Volgens hom het hulle reeds 120 plakkershutte opgerig en het 80 mense tot dusver in hul hutte begin woon.

Die gebied het geen water of rioolwateraanlegte nie.

Sommige inwoners kry water van nabye huise en ander gebruik die veld vir hul ontlasting.

“Ons kinders het plekke nodig wat hulle ’n tuiste kan noem,” sê Folotsi.

Twee mense is op 10 April dood toe inwoners van die Ramaphosa Village- informele nedersetting in Rust-Ter-Vaal, ook in Vereeniging, met die Rooimiere koppe gestamp het toe hulle verwyder sou word.

Magdaline Khoza, ’n inwoner van dié plakkerskamp, sê sy en haar man het voorheen in Orange Farm ’n klein hut met agt ander mense gedeel.

“Ek is gelukkig dat ons nou ’n plek van ons eie het,” sê sy.

Khoza sê sy weier om na haar oorspronklike woonbuurt terug te keer.

“Ek is reg om te baklei. Ek is enige tyd reg vir hulle,” sê sy.

Lethusang Motsamai sê ook die mense het grond eerder as HOP-huise nodig.

“As jy grond het, het jy waardigheid en kan jy enige huis bou. Ons is nie besoekers in die land nie. Ons deel dié land,” sê hy.

Die Midvaal-munisipaliteit het die inwoners tot verlede Maandag gegee om die grond te verlaat. Anders sou hulle verwyder word.

Volgens die munisipaliteit word die grond vir ekonomiese ontwikkeling bestem.

“Ons het vir hulle genoeg tyd gegee om die grond te verlaat, maar hulle weier om te trek. Dit is nou die polisie se plig om die hofbevel te implementeer,” sê Mokete Motsamai, burgemeesterskomiteelid vir ontwikkeling en beplanning.

Twee mense is op 10 April dood toe inwoners van die Ramaphosa Village- informele nedersetting in Rust-Ter-Vaal, ook in Vereeniging, met die Rooimiere koppe gestamp het toe hulle verwyder sou word.

Meer oor:  Rooimiere  |  Plakkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.