Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Plan om zama-zamas te stuit

Onwettige myners en misdaadsindikate steel jaarliks die ekwivalent van wat Suid-Afrika se wettige goudmynbedrywighede in 2018 opgelewer het.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, het ’n plan om van dié misdaadsindikate en zama-zama’s ontslae te raak.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne.Foto: Morapedi Mashashe

Die 1 875 mynoperasies in die land het verlede jaar minerale produkte ter waarde van R498,7 miljard opgelewer. R70,7 miljard daarvan het van die 57 goudmyne gekom.

Mantashe het dié syfers bevestig toe hy ’n parlementêre vraag deur Lehlohonolo Mokoena, EFF-LP, beantwoord het.

Fin24 het berig Mantashe het vroeër vanjaar op die Mynbou-indaba gesê inkomste van sowat R70 miljard in die goudsektor gaan jaarliks verlore weens smokkelary.

Veronica van Dyk, DA-LP, wou weet hoe die regering onwettige mynbedrywighede gaan stuit.

Mantashe het gesê sy departement het belanghebbendes in die onderskeie provinsies reeds bymekaargekry en maatreëls gaan ingestel word om die probleem op te los.

Die regering het ’n nasionale span op die been gebring wat die plan om onwettige mynbou en die smokkelary van edelmetale te stuit, sal koördineer, sê Mantashe.

As deel van die plan wil die regering seker maak dat die sindikaatleiers van die onwettige mynbedrywighede vervolg word.

Die bevordering van mynbou op die wettige manier, die rehabilitasie van myne en die verseëling van oop mynskagte is van die optrede waardeur die regering die probleem probeer bekamp.

Meer oor:  Gwede Mantashe  |  Zama-Zamas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.