Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Plasing oor Jode ‘geen grap of anti-Semities’
Die plasing wat wye reaksie uitgelok het. Foto: Facebook

’n Facebook-plasing oor Jode en Afrikaners van ’n Kaapse maatskappy wat bekend is vir sy tong-in-die-kies Afrikaanse slagspreuke op T-hemde op Facebook en Instagram, was nie as ’n grap of anti-Semities bedoel nie.

Die plasing van die maatskappy, Mevrou & Co op sy Facebook-blad onder die aanhef “Gesondheid – Good Health” wat lui: “Wat het Afrikaners en Jode in gemeen? Anders as klein geenpoele, nêrens heen hê om te hardloop nie en konsentrasie (sic) kampe?” het wye reaksie op Facebook en Instagram uitgelok.

Op Facebook het talle mense geskryf dit is onsensitief om gek te skeer met die Joodse volksmoord. Van die mense se familielede was ook in Joodse konsentrasiekampe. Ander meen weer daar was geen kwade bedoelings nie en dit moet in die regte konteks verstaan word.

David Saks, mededirekteur van die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD), sê by navraag oor die plasing dit is ’n interpretasie van geskiedenis en huidige realiteite, “nie een wat noodwendig sal staande bly teen kritiese soeklig en elke detail nie, maar op sommige maniere tog geloofwaardig. Dit lyk nie of daar kwade bedoelings is nie.”

Die maatskappy sê by navraag die inskrywing was in ’n ernstige trant bedoel en nie as ’n grap nie. Omdat mense grappies en T-hemde van die maatskappy verwag, het sommige mense die inskrywing in die verkeerde lig gesien.

Dit was geensins bedoel om aanstoot te gee nie, maar om te wys dat Jode en Afrikaners ’n paar probleme in gemeen het. Voorts is die platform gebruik om ’n belangrike boodskap oor te dra.

Die maatskappy het die feit dat die Joodse skole gesluit is weens Covid-19, as ’n voorbeeld gebruik in ’n inskrywing om te vra dat die regering die skole in Suid-Afrika ook sluit, wat toe wel Sondagaand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is toe hy die siekte tot ’n nasionale ramp verklaar het.

Daar was geen anti-Semitiese bedoeling nie en ’n beroep word gedoen op mense om die plasing in die regte konteks te beskou

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.