Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Plekke in George, Oudtshoorn gesluit wat onwettig drank verkoop

Die polisie het twee plekke die naweek in Oudtshoorn en in Thembalethu, George, gesluit en beboet omdat hulle die Wet op Rampbestuur oortree het deur onwettig drank tydens die vlak 4-inperking te verkoop.

Agt dwelm-verkooppunte in die Tuinroete is ook gesluit en daar is op klein hoeveelhede dagga, Mandraxtablette en drank beslag gelê.

Van die drank waarop beslag gelê is.

Die polisie sê sedert verlede Woensdag tot Sondagoggend is 487 mense in hegtenis geneem onder wie 20 wat vir ernstige misdade gesoek is.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê inhegtenisnemings vir die oortreding van die Wet op Rampbestuur sluit in mense wat nie die aandklokreël gehoorsaam het nie en op straat was, asook mense wat onwettig drank vervoer het of nie in die openbaar hul maskers gedra het nie.

Volgens die polisie het die naweek se operasies patrollies ingesluit in misdaadgeteisterde gebiede. Polisielede het hulle veral toegespits op drank- en dwelmplekke, ongelisensieerde vuurwapens, die opsporing van verdagtes en beslaglegging op gevaarlike wapens. Van die mense wat in hegtenis geneem is, het ’n skulderkenningsboete betaal of is gewaarsku om later in die hof te verskyn.

Brig. Phumzile Cetyana, waarnemende bevelvoerder van die polisie in die Eden-kluster, het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die aandklokreël van 21:00 tot 04:00 na te kom.

• In ’n voorval Sondag omstreeks 15:30 het lede van die blitspatrollie beslag gelê op ’n 9 mm-pistool naby De Rust.

’n Verdagte voertuig wat na Ashton in die Oos-Kaap onderweg was, is opgemerk en van die pad getrek. Die polisie het in bagasie in die motor op die 9 mm-pistool en patrone afgekom. ’n Man (48) is in hegtenis geneem, luidens ’n verklaring.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  George  |  Drankverbod  |  Drankverkope  |  Drank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.