Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Plett Rage ‘is nie ’n sendingstasie’
Matrieks kuier deur die dag by Moby’s, ’n restaurant en kroeg op die strand.
Matrieks verdien die blaaskans ná hul eksamen en Plett Rage is die ideale plek daarvoor, meen feesorganiseerders.
Plett is om partytjie te hou en om saam met jou vriende op die strand te kuier. Foto’s: Nadine Theron

“Wat hier gebeur, gebeur wanneer hulle by Plett Rage is én wanneer hulle nié by Plett Rage is nie,” sê Ronen Klugman, bestuurder van dié skoolverlatersfees in Plettenbergbaai.

Hy het kommentaar gelewer op Netwerk24 se video oor Plett Rage wat amper 500 000 keer gekyk is.

“Ek dink die video is gechoreografeer om die storie te vertel van hoeveel die matrieks bestee,” sê hy.

“Ek dink hulle vier hul vryheid en hulle mag bestee wat hulle het. As jy mooi daaraan dink, is dit wat hulle bestee nie baie geld nie. Deesdae kos dit maklik R800 net vir ’n ete vir twee en ’n bottel wyn.”

Klugman meen die fees is ’n toegangsritueel tot die grootmenswêreld vir matrikulante.

“Hulle het hard gewerk deur die jaar, hulle het nou net klaar gemaak met skool en hulle mag wettiglik drink en verdien dit om fees te vier,” sê hy.

“Hulle gebruik hierdie geleentheid om tot siens aan hul ou lewe te sê en om hul nuwe lewe te verwelkom. Die fees laat hulle toe om dit in ’n gekontroleerde omgewing te doen.”

Hy verduidelik dat hoewel die fees ’n kommersiële aanvraag dien, die organiseerders besef hulle het ’n groot sosiale verantwoordelikheid.

“Baie van hulle was nog nooit by ’n musiekfees nie en ons is sensitief daaroor, daarom sit ons so baie moeite in om seker te maak hulle is so veilig as moontlik.”

Klugman sou wou hê Netwerk24 se video se fokus moes eerder wees op die feesviering en die feit dat matriekvakansiegangers veilig is.

Die plek om te wees bedags is Beach Bar by die strand, maar sommige matrieks sien nie kans vir die lang tou by die ingang nie.
Volgens die hospitaalbestuurder van die Mediclinic op die dorp word sommige matrieks vir sonbrand behandel.

“Mense van die gemeenskap ry rond en laai hulle op en maak seker dat hulle veilig is,” sê hy. “Hulle gaan uit hul pad uit daarvoor.”

Hy sê matrikulante mag ook nie die feesterrein binnery nie omdat hulle wil keer dat daar dronk bestuur word met hul private voertuie.

Oor matrikulante se klagtes dat die fees se gratis vervoerstelsel sleg is, sê hy dat Plett Rage hierdie jaar die dienste van plaaslike taxibestuurders benut en nagevors het waar die vakansiegangers bly sodat hulle roetes kon uitwerk na al die nodige plekke. Vorige jare het skoolverlaters maklik R150 per taxirit betaal om van die kuierplekke tot by hul verblyf te kom.

“Ná Vrydagaand se probleme het ons ekstra busse ingebring en vrywilligers gekry om te help om rye te bestuur.

“Natuurlik gaan die matrikulante partytjie hou en into mekaar raak en dit is nou maar so. Dis die lewe,” sê hy.

“Ons bestuur nie ’n sendingstasie nie. Dis rock ’n roll. Dis een gedeelte daarvan,” sê hy. “Die ander deel gaan daaroor om pret te hê op die strand en met jou vriende te kuier.

“Wanneer jy skool verlaat, sien jy baie van jou vriende nie weer nie en hulle besef dit nie,” sê hy. “Wanneer hulle studente word, word als baie anders en meer ernstig. Hierdie is die vryste wat hulle ooit gaan wees. Al wat hulle hoef te doen, is om fees te vier.”

Meer oor:  Matrieks  |  Besteding  |  Plett Rage
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.