Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Poeding en pasteie laat deure oopgaan
Ilsé Becker met haar heerlike hoenderpastei.

Met die aankondiging van die staat van inperking moes Ilsé Becker, nes talle ander Suid-Afrikaners, haar kantoordeur tydelik toetrek.

Dié enkelma van Niance (17), Kayla (15) en Joané (10) het egter dadelik aan die werk gespring om haar inkomste aan te vul en om die tyd van inperking op ’n produktiewe manier om te kry.

“Ek het begin bak. Later het ek besluit om van my gebak te adverteer en toe stroom bestellings in,” sê Becker, wat in die Vrystaatse dorpie Viljoenskroon woon.

Sy is intussen terug op haar pos as sekretaresse by ’n prokureursfirma, maar gebruik steeds haar vrye tyd om ekstra geld te verdien.

Die inperking het vir my ’n nuwe geleentheid geskep.

“Die inperking het vir my ’n nuwe geleentheid geskep,” vertel Becker, wat nou weekliks malvapoeding, melktert, sjokoladekoek en vele ander lekker disse in haar kombuis optower.

Becker het op Overvaal Stereo van Beeld se kookboek-kompetisie gehoor en besluit om haar gunsteling-resep in te skryf. Dit is ’n heerlike hoenderpastei wat, volgens haar, eintlik baie maklik is om te maak.

Foto:
Foto:

Al wat jy nodig het vir die vulsel, is ’n heel hoender, ’n blikkie roommielies, ’n wortel, ’n aartappel, ’n blokkie hoenderaftreksel en ’n ui. Becker maak ook haar eie deeg met kookolie, melk, bakpoeier, koekmeel en ’n eier.

Dié grendeltydresep is in die kategorie vir hoendergeregte ingeskryf. Daar is ook kategorieë vir vis, vleis, wildsvleis, gebak, braai, vegetariese disse, bykosse, ligte etes en nagereg of drankies.

Lees die bepalings en voorwaardes vir die kompetisie op Beeld se Facebookblad.

Om die kans te staan om jou resep in die kookboek Komkommertyd te sien en ’n kontantprys los te slaan is, is maklik. Stuur jou resep, ’n aksie-kombuis-foto en die storie wat jy aan jou resep koppel, voor 31 Julie per e-pos na kompetisie@beeld.com.

Meer oor:  Koronavirus  |  Poeding  |  Inperking  |  Entrepreneur  |  Kook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.