Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
POF al jare lank ‘tegnies insolvent’

Die Padongelukkefonds (POF) sê hy kan kragtens wet nie gelikwideer of ontbind word nie.

Collins Letsoalo, waarnemende uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds. Foto: Brendan Croft

Net die parlement kan hom uitwis – nie sy krediteure of eisers nie.

Die Johannesburgse regsfirma Maponya se aansoek om die POF te laat likwideer, word dié week in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Die fonds se uitvoerende hoof, Collins Letsoalo, sê in hofstukke Maponya wil die indruk wek dat die fonds onlangs insolvent geraak het. Die fonds se laste oorskryf sy inkomste egter al sedert 1981. Die brandstofheffing gee ’n wisselvallige inkomste, wat buite die POF se beheer is.

“(Maponya) skets ’n prentjie van ’n ontvouende apokalips waarin die fonds so desperaat min geld het en so swak bestuur word dat dit op die rand van ineenstorting is. Dis eenvoudig nie waar nie.”

Omdat die fonds volgens die finansieringsmodel werk wat die parlement neergelê het, is dit al jare lank “tegnies insolvent”. Hy betaal eise trapsgewys uit om ’n kontantvloei te kan behou.

Letsoalo sê eise van tussen R13 miljard en R17 miljard moet nog aan eisers uitbetaal word. Dit was nooit die bedoeling dat die fonds alle eise op enige gegewe tyd kan uitbetaal nie. Daarom bestuur hy die eise deur die uitbetaling oor ’n tydperk van vier tot ses maande te doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.