Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
POF moet R3,6 m aan Kovsie opdok

Die Padongelukkefonds (POF) moet meer as R3,6 miljoen aan ’n skrander Kovsie betaal vir sy verlies aan toekomstige inkomste nadat hy ernstig in ’n motorongeluk beseer is.

Oor Christo Steenkamp (27) van Hospitaalpark in Bloemfontein se eis om algemene skadevergoeding ná die motorbotsing in die vroeë oggendure van 29 April 2017 naby Bloemfontein op die pad na Boshof, sal later beslis word, het regter-president Cagney Musi vandeesweek beveel.

Steenkamp was ’n passasier in een van die twee motors wat in die botsing betrokke was en het ’n gesigbesering, rugbeserings, beserings aan sy linkerbeen en -voet en albei enkels opgedoen.

Hy was destyds ’n amptenaar by die departement van korrektiewe dienste (DKD) en ’n student in sy eerste jaar vir sy BSc-graad in landbou aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy hoofvakke is dierewetenskap en weiding.

Hoewel hy sowat 25 dae lank in die hospitaal moes deurbring en ’n hersteltyd van ses maande moes ondergaan, het hy sy eerste jaar geslaag.

Hoewel hy sowat 25 dae lank in die hospitaal moes deurbring en ’n hersteltyd van ses maande moes ondergaan, het hy sy eerste jaar geslaag.

Hy het intussen by die DKD bedank en is nou ’n algemene assistent op ’n proefplaas van die UV. Hy was verlede jaar ’n student in sy derde jaar.

Hy ervaar steeds erge pyn as hy lank moet sit of staan. Hy kan ook nie lang afstande loop nie.

Musi sê in sy uitspraak dit is duidelik dat Steenkamp se lewe en beroep ná die motorbotsing aansienlik verander het.

Luidens die getuienis is Steenkamp se vooruitsigte ná die ongeluk om tot die ouderdom van 65 te kan werk, nie so goed nie.

Hy sal nie maklik werk kry nie, want hy sal met gesonde mense moet meeding. Sy beserings sal voortdurend ’n negatiewe invloed op sy produktiwiteit en werksvermoë hê.

As ’n goeie en suksesvolle student kan hy egter met sy studies voortgaan tot op ’n vlak waar hy as konsultant kan werk en dus meer kantoorgebonde is, of ’n navorser in ’n laboratorium word.

Maar ook dié beroepe vereis dat hy lank moet sit of staan.

Musi het beveel dat die POF aan Steenkamp ’n onderneming gee om sy toekomstige mediese koste voortspruitend uit die ongeluk te betaal.

Die POF moet ook sy regskoste en die koste vir sy deskundige getuies betaal.

Adv. Christoff Coetzer in opdrag van Honey-prokureurs het vir Steenkamp opgetree. Adv. Henco de la Rey het in opdrag van Maduba-prokureurs vir die POF opgetree.

Meer oor:  Pof  |  Uv  |  Ongeluk  |  Besering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.