Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie bekyk 3 broers se dood in huis in Knysna

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat die lyke van drie broers in ’n huis in Knysna aangetref is.

Die ma van die drie broers het volgens die polisie Vrydag omstreeks 09:00 op haar kinders se lyke afgekom.

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die drie broers – onderskeidelik 10, 11 en 20 – het Donderdagaand in ’n houthuis agter die hoofhuis in die woongebied Nekkies in Knysna gaan slaap.

Hul ma het hulle die oggend gaan roep toe sy op die drie se lyke op die vloer in die kamer afgekom het.

Noodpersoneel is ontbied, maar paramedici het die drie broers op die toneel dood verklaar, luidens ’n verklaring.

Volgens Spies word die omstandighede rondom die drie se dood ondersoek.

Kundiges het die perseel vir leidrade gefynkam toe hulle op die oorblyfsels van ’n vuur afgekom het wat in ’n blik op die perseel gemaak is.

Volgens die polisie sal ’n lykskouing vroeg vandeesweek gehou word om die oorsaak van die sterftes te bepaal. Die ondersoek duur voort. Die drie se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

• In nog ’n voorval is ’n 34-jarige man Saterdag in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat die lyk van ’n man in sy vroeë vyftigs met verskeie steekwonde naby die R327 buite Mosselbaai gevind is. Die man word tans aangehou en sal binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Knysna  |  Lyke  |  Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.