Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Polisie gaan meer bestee om plaasmoorde hok te slaan’

Die polisie gaan meer geld bestee om plaasmoorde hok te slaan en landelike gebiede te beveilig, sê genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris.

Hy het op ’n sitting van die parlement se twee komitees oor polisie gesê ’n deel van die bykomende R3,5 miljard wat toegewys is vir sigbare polisiëring, sal aangewend word vir landelike veiligheid, wat plaasmoorde insluit.

Hy het nie veel meer besonderhede verskaf nie.

LP’s wou weet wat die polisie doen om op te tree teen plaasmoorde in die lig van die toename in dié misdaad sedert die inperking verslap is.

Genl. Khehla Sitole
Genl. Khehla Sitole

Sitole sê geld sal bestee word aan die ontwikkeling van die polisie se landelike infrastruktuur en om te reageer op die toename in plaasmoorde.

“Ons kyk ook na die werkwyse van moordenaars.”

Anders as in die geval van die meeste ander staatsdepartemente, het die polisie meer geld ná die aangepaste begroting gekry.

Bheki Cele, minister van polisie, het in reaksie op vrae van LP’s oor plaasmoorde gesê die polisie is besig om verhoudings met boeregemeenskappe te versterk.

“Ons werk met boere in die gemeenskap van Marble Hall (in Mpumalanga) saam en dit lei tot groot operasies.”

Volgens die polisie was daar wel die afgelope jaar ’n toename in moorde op plase.

Verskeie politieke partye het gevra dat plaasmoorde en -aanvalle as prioriteitsmisdaad verklaar moet word, terwyl die DA en die VF Plus vra dat mense wat dié soort misdaad goedpraat of aanhits, van haatspraak aangekla moet word.

AfriForum het ’n beroep gedoen op boere om hulself te bewapen, maar ook om binne die raamwerk van die wet op te tree.

Meer oor:  Khehla Sitole  |  Plaasmoorde  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.