Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie geroep om vlugtelinge van VN-perseel te verwyder

’n Klag van betreding is Donderdag teen ’n groep vlugtelinge in Pretoria aanhangig gemaak nadat hulle op die perseel van die Verenigde Nasies (VN) se vlugtelingagentskap (UNHCR) se kantoor in Brooklyn was.

Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag beveel dat die vlugtelinge die gebied binne drie dae moet verlaat.

Die vlugtelinge woon al sedert Oktober op die sypaadjies waar hulle tente opgeslaan en strukture opgerig het. Honderde vlugtelinge vra dat hulle in ’n ander land hervestig moet word omdat hulle ná die onlangse voorvalle in Suid-Afrika xenofobiese aanvalle vrees.

Die Waterkloof-huiseienaarsvereniging, asook die inwonersvereniging van Brooklyn en oostelike gebiede het ’n dringende aansoek teen die vlugtelinge gebring nadat die vlugtelinge op die sypaadjies begin slaap het.

Die polisie is Donderdag ontbied om ’n groep vlugtelinge te verwyder wat nou na die perseel van die Verenigde Nasies (VN) se vlugtelingagentskap (UNHCR) se kantoor in Brooklyn, Pretoria, verskuif het nadat inwonersverenigings Woensdag ’n hofbevel gekry het dat hulle die gebied binne drie dae moet verlaat. Foto: News24

Die polisie is Donderdag na die toneel ontbied nadat die vlugtelinge oor die muur en hekke gespring het en op die UNHCR-perseel kamp opgeslaan het.

Polisiebronne het aan News24 bevestig dat ’n saak van betreding aanhangig gemaak is en dat hulle die vlugtelinge sal verwyder.

Van die vlugtelinge het vroeër aan News24 gesê dat hulle nie uit hul eie sal padgee nie omdat hulle nêrens het om heen te gaan nie.


Meer oor:  Unhcr  |  Pretoria  |  Vlugtelinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.