Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie-hoë se dood laat leemte
Genl.maj. Theko Johannes Pharasi Foto: Verskaf

Polisiebeamptes oor die land heen het Maandag met skok gereageer op genl.maj. Theko Johannes Pharasi, adjunkkommissaris in Gauteng, se dood ná ’n kort siekte.

Boodskappe van medelye van vriende, familie en kollegas het op verskeie mediaplatforms ingestroom vir die 59-jarige Pharasi wat hom in 1980 as ’n konstabel by die polisie aangesluit het en wat met toewyding en harde werk in 2010 tot die rang van generaal-majoor bevorder is – ’n posisie wat hy met trots gevul het.

’n Ambisieuse Pharasi het in sy loopbaan verskeie sleutelposisies by polisiekantore in die Johannesburgse distrik beklee, waaronder Dobsonville, Orlando, Randfontein, Randburg, Johannesburg-Sentraal, Johannesburg-Oos en Alexandra.

Pharasi was ook voorheen areakommissaris van Johannesburg voordat hy die rol as provinsiale adjunk-kommissaris vir sigbare polisiëring oorgeneem het, en daarna as groepbevelvoerder in Johannesburg-Wes aangestel is.

Hy laat ’n leemte in die leierskap van die polisie in Gauteng.

Hy is in Februarie verlede jaar heraangestel in die pos van provinsiale adjunk-kommissaris vir sigbare polisiëring, ’n sleutelposisie wat hy tot met sy afsterwe beklee het.

Lt.genl. Elias Malewa, provinsiale kommissaris, het Maandag hulde gebring aan Pharasi en gesê dat sy heengaan ’n leemte laat in ’n tyd waarin die polisie sy intellek, passie, toewyding, professionaliteit en selfvertroue die nodigste het aangesien daar nou na ’n balans tussen misdaadvoorkoming en die handhawing van Covid-19-regulasies gestreef word.

Pharasi het beplan om in November, wanneer hy 60 jaar oud sou wees, af te tree.

“Hy laat ’n leemte in die leierskap van die polisie in Gauteng,” het Malewa gesê.

Meer oor:  Theko Johannes Pharasi  |  Sterfte  |  Polisie-Hoë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.