Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie in duister oor jong man met kopwond in kar

Die polisie kan nog geen lig werp op die omstandighede van die voorval nadat ’n jong man met ’n skietwond in sy kop in sy motor buite Bloemfontein aangetref is nie.

Die 26-jarige man is die naweek met ’n skietwond in die bestuurdersitplek van sy voertuig langs die Dewetsdorp-pad buite Bloemfontein gekry.

Hy het later in die hospitaal aan sy wond beswyk.

Na verneem word, is geen vuurwapen op die toneel gevind nie.

Die motor het met sy neus in die rigting van Dewetsdorp gestaan.

Werner Vermaak, ER24-woord­voerder, sê met die nooddienste se aankoms Vrydag omstreeks 20:30 op die toneel was die man bewusteloos.

“Hy het ’n skietwond aan die kop gehad en was in ’n kritieke toestand. Nadat hy gestabiliseer is, is hy inderhaas na die naaste hospitaal gebring.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, het by navraag Sondagmiddag gesê dié voorval is nie by die polisie aangemeld nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Motor  |  Man  |  Skietwond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.