Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie in Wolseley groet ‘toegewyde’ kollega

Hy was ’n toegewyde en pligsgetroue polisieman en altyd besorg oor sy kollegas.

So beskryf kollegas vir a.o. Phillipus (Flippie) Calitz (49), die hoof van sigbare polisiëring by die polisie in Wolseley, wat na ’n lang siekte gesterf het.

’n Foto van a.o. Phillipus (Flippie) Calitz is Dinsdag op ’n gedenkdiens voor sy huis in Wolseley vertoon.

Volgens inligting van die polisie in Wolseley het Calitz vroeg in Julie siek geword en is hy in die Mediclinic in Worcester opgeneem. Hy was sedertdien in die hospitaal en is op Vrydag 18 September daar dood.

Sers. Meryll Africa, woordvoerder van die polisie in Wolseley, sê Calitz se kollegas beskryf hom as ’n toegewyde, pligsgetroue werker wat nooit geskroom het om aan hulle raad te gee nie. “Hy was te alle tye besorgd oor hul welstand.”

A.o. Phillipus Calitz

Volgens die polisie is ’n gedenkdiens vir Calitz Dinsdag voor die Calitz-woning in Wolseley gehou. Die diens is bygewoon deur familielede, genl.maj. Nomthetheleli Mene, die groep-bevelvoerder, talle offisiere, polisielede van Wolseley en omliggende polisiekantore, verteenwoordigers van ander staatsdepartemente, buurtwagte en plaaswagte.

Calitz word oorleef deur sy vrou, Ilze, asook ’n seun en ’n dogter.

Hy het hom in 1991 by die polisie aangesluit en was sedert 1994 by die polisie in Wolseley werksaam. Huldeblyke vir Calitz het ook op Facebook ingestroom, onder meer op die Facebookgroep “Hoërskool Wolseley” waar hy in 1989 in matriek was. Mense het Calitz op Facebook beskryf as ’n goeie polisieman en mens, en volgens hulle was hy die steunpilaar van die Calitz-familie.

Polisielede Dinsdag tydens ’n gedenkdiens vir a.o. Phillipus Calitz in Wolseley.
Meer oor:  Wolseley  |  Siekte  |  Polisieman  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.