Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Generaal het g'n 4 km gevlieg vir Wimpy-ontbyt
Lt.genl. Risimati Shivuri (links).Foto: Emile Hendricks

Die Noord-Kaapse polisie ontken beweringe dat hul hoof, lt.genl Risimati Shivuri, ’n polisiehelikopter wat vir polisiewerk ingespan moes wees, 4 km ver laat vlieg het sodat hy ontbyt op Colesberg in die Noord-Kaap kon gaan eet.

Die Sunday Times het gister berig die polisiehelikopter moes ’n week gelede 4 km ver vlieg na Colesberg sodat Shivuri ontbyt by ’n Wimpy daar kon eet.

Dieselfde helikopter moes glo daarna sowat 30 km van Colesberg na die Gariepdam en terug vlieg om ’n baadjie wat hy (Shivuri) glo daar vergeet het, te gaan haal.

Brig. Mohale Ramatseba, ’n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het ontken dat Shivuri die helikopter vir persoonlike sake gebruik het.

Volgens hom was die polisie in die tydperk dat Shivuri op Colesberg was, daar ontplooi vir misdaadvoorkomingsoperasies.

Van die hulpbronne wat gebruik is, is ’n helikopter. Ramatseba het gesê dat Shivuri deel was van die misdaadvoorkomingsoperasies en dat die helikopter vir hom beskikbaar gestel is sodat hy vinniger by die plekke kon uitkom waar die operasies gehou is.

Hy het ook ontken dat die helikopter gebruik is om ’n baadjie wat Shivuri glo by die Gariepdam vergeet het, te gaan haal.

Shivuri was twee weke gelede in Kaapstad in die nuus nadat hy vir Nafiz Modack, ’n sakeman, by The One&Only Hotel by die Kaapse Waterfront ontmoet het. Modack staan na bewering aan die stuur van ’n nuwe faksie wat klubsekuriteit by ’n ouer, meer gevestigde garde wil wegneem.

Na verneem word, is Shivuri deur senior polisiebeamptes in die Wes-Kaap gevra om genl.maj. Jeremy Vearey te ondersoek. Die ontmoeting met Modack was glo om inligting teen Vearey in te samel.

Vearey het nie op navrae gereageer nie. Modack het navrae na sy regsverteenwoordiger verwys, wat nie op die navrae gereageer het nie.

Genl.maj. Sally de Beer, ’n nasionale polisiewoordvoerder, het erken dat Shivuri in Kaapstad is.

Sy sê die polisie gaan nie op vrae reageer nie omdat dit daarop gaan neerkom dat hulle ’n ondersoek in die media doen.

Meer oor:  Wimpy  |  Noord-Kaap  |  Polisie  |  Ontken  |  Ontbyt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.