Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie red man van dak toe hy wou spring

Die polisie in Middelburg, Oos-Kaap, het hulle Maandagoggend goed van hul taak gekwyt in onderhandelinge met ’n man wat sy eie lewe wou neem.

Die 26-jarige Gubani Visagie, wat op parool vrygelaat is nadat hy ’n deel van sy tronkstraf vir roof uitgedien het, het hom omstreeks 07:00 by die departement van korrektiewe dienste aangemeld om sy paroolvoorwaardes te onderteken.

Amptenare het gesê daar was ongerymdhede met die woonadres wat hy aangedui het en het hom geboei.

Visagie het kort hierna gevra om die ablusiegeriewe te gebruik, waar hy deur die venster geklim het en met ’n leer toegang verkry het tot die tweede vloer van die Karoo Country Inn Hotel.

Gubani Visagie het Maandagoggend op die Karoo Country Inn Hotel se dak in Middelburg geklim nadat hy uit aanhouding ontsnap het. Foto: Elsabé Pienaar

Hier het hy tot op die dak gevlug en gedreig om ’n einde aan sy lewe te maak.

Lede van die polisie het sowat ’n uur lank met Visagie onderhandel.

Omstanders het benoud toegekyk toe dit in ’n stadium gelyk het asof Visagie op ’n verkoeler wil klim en dan wil spring.

’n Dapper offisier het op sy aandrang sigarette vir Visagie aangegee, wat tot groot vermaak van honderde omstanders op sy rug gaan lê en rookbolle geblaas het. Dieselfde offisier het die leer ’n derde keer bestyg en Visagie uiteindelik oortuig om van die dak af te klim.

Gubani Visagie sit geboei op die dak van die Karoo Country Inn Hotel en onderhandel met polisielede. Foto: Elsabé Pienaar
Polisielede staan in die straat en praat met Gubani Visagie wat tot op die dak van die Karoo Country Inn Hotel gevlug het. Foto: Elsabé Pienaar

Meer oor:  Polisie  |  Oos-Kaap  |  Middelburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.