Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie sluit gewilde mark in Tuinroete

Die organiseerders van een van die gewildste varsproduktemarkte in die Suid-Kaap win regsadvies in nadat die polisie en rampbestuurslede die mark Saterdagoggend vroeg summier gesluit het.

Die polisie Saterdag by die ingang van die Wild Oats-varsproduktemark in Sedgefield. Foto: Verskaf

Volgens inligting was die polisie en ander wetstoepassingsbeamptes Saterdag om 06:00 by die Wild Oats-varsproduktemark in Sedgefield. Die hek is gesluit en verkopers is verbied om die terrein binne te gaan.

Die mark word elke Saterdag gehou. Die verkopers moes die perseel toe onverrigter sake met hul produkte verlaat.

Na verneem word, is hulle meegedeel dat die mark ’n onwettige byeenkoms is.

Volgens inligting het hulle as gevolg daarvan groot verliese gely. Die mark het sowat 200 handelaars.

Ná die voorval het talle mense ook op Facebook gevra waarom die mark gesluit is as dit aan al die nodige Covid-19-regulasies voldoen.

Die mark se organiseerders het Maandag by navraag gesê regsadvies word ingewin omdat die mark nie ’n “vlooimark” is soos wat beweer is nie, maar ’n produsentemark, wat ingevolge die rampbestuurregulasies toelaatbaar is.

“Dit was ’n groot skok vir ons.”

Die Knysna-munisipaliteit sê by navraag volgens sy hoof van rampbestuur, Richard Meyer, is die besluit om markte te sluit op distriksvlak op ’n buitengewone aanlyn vergadering op 22 Julie geneem.

Lede van die distriks- en plaaslike rampbestuur, die omgewingsgesondheid-praktisyn, munisipale wetstoepassing, die polisie in die Eden-kluster en stasiebevelvoerders was op die vergadering teenwoordig.

Volgens die munisipaliteit is die besluit gegrond op die aangepaste vlak 4-regulasies en is dit nasionaal toegepas van 28 Junie, en aangepas op 11 Julie (tot 25 Julie). Die besluit kom ook nadat regsadvies deur die distrik se gesamentlike operasionele komitee verskaf is.

Ingevolge die aangepaste vlak 4-inperking word vlooimarkte en ontspanningsmarkte verbied (die inperking is intussen Sondagaand deur pres. Cyril Ramaphosa na ’n aangepaste vlak 3 verlaag).

Die munisipaliteit het gesê die Wild Oats-mark is op verskeie geleenthede, selfs nog Vrydagmiddag, gewaarsku om nie oop te maak nie.

Meer oor:  Sedgefield  |  Mark  |  Gesluit  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.