Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie treur ná ‘kwaai’ speurhond sterf
Lenox was vyf jaar deel van die K9-eenheid in Uitenhage. Foto’s: Verskaf

Lenox, die Duitse herdershond wat vyf jaar deel was van die polisie in Uitenhage se K9-eenheid, is Donderdag dood.

Sers. Melisa Potgieter, sy hanteerder, beskryf die 10-jarige Lenox as ’n dier met ’n “groot houding”. Sy sê Lenox was verantwoordelik vir die aankeer van een van die drie verdagtes wat in September 2017 ’n weduwee van Kirkwood ontvoer, aangerand en beroof het.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê Lenox was sedert Maart siek en is Donderdag in die dierehospitaal opgeneem nadat sy toestand versleg het. Hy is met kanker gediagnoseer en moes uitgesit word.

“Lenox was in die algemeen ’n baie gesonde hond. Hy was baie kwaai, maar ook lief vir sy werk. Terwyl ons na verdagtes gesoek het, sou hy begin tjank en neul tot ons hulle kry,” sê Potgieter.

“Hy het min tekens van sy kanker gewys. Ek het gedink hy word maar net bietjie oud en dat dit die rede is waarom hy teen die einde so uitasem was.”

Lenox het twee van sy vorige hanteerders gebyt en daarom die bynaam “Baasbyter” gekry, sê sy.

Lenox en sy hanteerder, sers. Melisa Potgieter.

“Hulle wou hom laat uitsit omdat hy so aggressief was, maar ek het hom in Welkom by hul K9-eenheid gaan haal.”

Drie weke later het Lenox en Potgieter saam in die veld begin werk.

Lenox was die “ongelukkigste hond” wat sy al ooit ontmoet het.

“Niks het hom soveel plesier gegee as om mense te byt nie. Maar ná ’n jaar het ek sy vertroue gewen en het hy my aanvaar.”

Donderdag was vir Potgieter ’n bitter hartseer dag toe sy van haar getroue kollega moes afskeid neem.

“In ons vyf jaar saam het ons baie sake saam opgelos. My hart is gebreek dat hy letterlik oornag van my weggeneem is, maar ek vind troos dat ek hom ’n goeie lewe gegee het by die werk en by die huis.

“Ek kan met ’n geruste hart sê dat hy op sy oudag ’n gelukkige hond was. Rus in vrede, Lenox.”

Potgieter wil graag ’n gedenksteen by die werk vir Lenox opsit.

Meer oor:  Uitenhage  |  Polisiehond  |  Speurhond  |  Polisie  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.