Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie vra hulp: Het jy dié twee sussies gesien?
Sunick Ferreira (12) Foto: SAPD

Twee jong sussies van Cradock in die Oos-Kaap het verdwyn en die polisie het die publiek gevra om op die uitkyk te wees vir hulle.

Die sussies, Sunick Ferreira (12) en Ashley Olivier (5), is sedert 13 Desember soek.

Hulle is in die wetlike sorg van hul oupa, maar het verdwyn nadat hul biologiese ouers, Marius en Tasha Ferreira, volgens ’n reëling deur die kinders besoek kon word.

Die polisie sê die egpaar het verdwyn kort nadat die twee dogters by die egpaar se huis afgelaai is waar hulle deur ’n maatskaplike werker besoek sou word.

Die egpaar het hul huis verlaat met ’n reissak en die twee kinders by hulle.

Die dogters was aangetrek in wit en geel rokke, blou broeke en pienk skoene.

Mense met inligting moet speurkonst. Sibongile Ngesi by 0794145565 bel of kontak 08600 10111.

Ashley Olivier (5) Foto: SAPD
Marius en Tasha Ferreira. Foto: SAPD
Meer oor:  Cradock  |  Vermis  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.