Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie vra hulp in soektog na vermiste
Kevin Crouse Foto: Verskaf

Die polisie in Port Elizabeth vra hulp in hul soektog na die vermiste Kevin Crouse, ’n inwoner van die stad.

Crouse (50) is Vrydag omstreeks 07:00 laas gesien toe hy sy huis in Dickensstraat in Sentraal verlaat het. Hy en sy ma woon saam, maar dit is onduidelik waarheen hy die oggend is.

Crouse het nie teruggekeer nie en is later deur sy broer as vermis aangemeld.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die polisie het na hom gesoek by die plekke wat hy gewoonlik besoek het. Daar is ook by plaaslike hospitale navraag gedoen.

Enigeen wat moontlik inligting het oor waar Crouse is, word versoek om die Humewood-polisiekantoor te bel by 041 504 5019/18, óf die Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Polisie  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.