Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie vra hulp nadat 5-jarige spoorloos verdwyn

Die Noord-Kaapse polisie benodig dringend die hulp van die publiek in die soektog na ’n vyfjarige kind van Schmidtsdrift in die Campbell-omgewing.

Volgens kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het klein Costa Gideon Donderdagoggend omstreeks 10:00 saam met sy ouers, Samba Daniel en Lapepe Gideon, beeste veld toe geneem.

Sy pa het omstreeks 17:00 na hul huis teruggekeer, denkende dat die seuntjie by sy ma was.

Met sy aankoms, het die ouers besef die seun is vermis, omdat hy ook nie tuis by sy ma was nie.

Daniel en Gideon het hulle na die Campbell-polisiekantoor gehaas om die kind as vermis aan te gee.

Die polisie het dadelik met ’n soektog begin, wat laat Donderdagaand afgestel is. Dit is weer vroeg Vrydagoggend hervat deur polisielede van die provinsiale soek-en-reddingseenheid, Kimberley se berede-eenheid, die Kimberley-lugvleuel en Kimberley se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS).

Costa is in ’n swart sweetpakbroekie, ’n wit T-hemp met blou strepe en sandale geklee. Ongelukkig is daar geen foto’s van die seun beskikbaar nie.

Mense met inligting kan die provinsiale hoof van die GKS-eenheid in Kimberley, brig. Nicky Mills, by 082 371 6667 bel, of 08600 10111 skakel.

Meer oor:  Costa Gideon  |  Verdwyn  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.