Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie ‘weet wie pa, kinders by wrak doodry’

Die polisie is glo warm op die spoor van die man wat Vrydagaand vier mense, onder wie ’n pa en sy twee kinders, buite Odendaalsrus in die Vrystaat doodgery het.

Kapt. Stephen Thakeng sê die polisie wil nie in dié stadium te veel inligting bekend maak nie omdat dit die ondersoek in die wiele kan ry.

Die polisie sê hulle verwag om binnekort die bestuurder van hierdie Ford Ranger-bakkie in hegtenis te neem. Die bestuurder het vier mense glo op ’n ongelukstoneel doodgery en daarna te voet gevlug.Foto: SAPD

Thakeng sê die polisie weet wie dit is wat Theuns Lubbe (39), sy kinders, Tristen (8) en Amory (4), en ’n maatjie, Juliana Gomez (6), glo op ’n ongelukstoneel doodgery het.

Die Lubbe-gesin van Allanridge se motor het Vrydagaand omgeslaan en Elmarie (38), Lubbe se vrou, is op slag dood.

Die ongeluk het net buite Odendaalsrus, naby Target Ridge se skag, gebeur.

Lubbe het ná die ongeluk rooi driehoeke uitgesit. Hy het die kinders uit die motorwrak gehaal en langs die pad laat staan, toe ’n man met ’n Ford Ranger-bakkie hulle al vier doodgery het.

Die man het van die toneel af weggehardloop.

Die Cherry QQ waarin die Lubbes gery het toe dit omgeslaan het.Foto: verskaf

Die polisie het beslag gelê op die bakkie met ’n Noordwes-registrasienommer.

Volgens ’n ingeligte behoort die bakkie aan ’n buitelandse burger wat in Orkney woon.

Neels Lubbe, Theuns se neef, sê Lubbe was soos sy eie kind vir hom.

Neels sê hy kry ongelooflike goeie samewerking van die polisie en van die polisie in Bloemfontein se topbestuur het hom gebel en beloof hulle doen alles in hul vermoë om die man op te spoor.

Neels sê dit is nie seker waarom die man uitgeswaai het en die Lubbes en klein Juliana langs die pad doodgery het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.