Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie wil nie sê of Voëlklip selfdood is

Die polisie in die Suid-Kaap wil nie sê of die Voëlklip-tragedie selfdood of ’n ongeluk is nie en volstaan by sy vorige antwoord dat geen misdaad vermoed word nie.

Ettienne en Heidi Scheepers en hul kinders, Hugo en Cuzette. Foto: Facebook/Heidi Scheepers

Heidi Scheepers (36) van Heroldsbaai en haar kinders, Hugo (2) en Cuzette (6), het op 22 Oktober in hul Volkswagen Caravelle oor ’n afgrond by Voëlklip, ’n uitkykpunt by Heroldsbaai, gestort.

Heidi-hulle was vroeër die dag saam met haar man, Ettienne, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, op die strand in Heroldsbaai, maar het toe verdwyn. Die voertuig is op 23 Oktober met laagwater gevind.

Hugo se lyk is op 24 Oktober opgespoor en Heidi s’n twee dae later. ’n Voorlopige lykskouingsverslag het getoon hulle het verdrink. Cuzette se lyk is nog nie gevind nie.

Dit is onbekend waarom hulle op daardie pad was.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die geregtelike doodsondersoek na die voorval is nog nie afgehandel nie. Die polisie het vroeër laat blyk dat geen verdere besonderhede oor die ondersoek bekend gemaak sal word nie.

Oor ’n vraag of die polisie kan sê of dit selfdood of ’n ongeluk was, sê Pojie die polisie volstaan by sy vorige antwoord dat geen misdaad vermoed word nie.

Die polisie het vroeër ook die amptelike uitslag van die volledige lykskouingsverslag ontvang, maar gaan ook nie verdere besonderhede daaroor bekend maak nie, uit respek vir die familie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.