Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisie-beampte, vriend dood in botsing met vullislorrie
Sers. Sydney Vos, ’n hofordonnans van Rosedale, Upington, en ’n vriend is Saterdagaand in ’n ongeluk dood. Foto: Facebook/Ricardo Mekat Isaacs

’n Polisiebeampte van Upington en ’n vriend is dood toe sy motor buite die dorp met ’n munisipale vullisvragmotor gebots het.

Sers. Sydney Vos, ’n hofordonnans van Rosedale, Upington, en ’n vriend, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is Saterdagaand omstreeks 19:00 dood toe sy motor met ’n vulliswa gebots het.

Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê die twee mans het met Vos se motor van die Paballelo-woonbuurt gery en in Industriastraat ingedraai toe hulle voor die vullisverwyderingsvoertuig beland het.

Die voertuig het die motor getref en die motor is erg beskadig. Albei die mans is op die toneel dood.

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

Huldeblyke het sedert die voorval vir Vos, ’n pa van twee kinders, op Facebook ingestroom.

Esmarelda Bloem, ’n vriendin, skryf Sondagoggend: “Ek voel sprakeloos vanoggend met ’n hart vol seer. R.I.V Sydney . . .”

Sy skryf verder sy kan net dink hoe moet Vos se vrou en twee dogters voel as sy so voel.

Ricardo Mekat Isaacs skryf: “Rus in vrede, my vriend. Ons matriekreünie was nog op die kaarte en jy sou dit vorentoe gevat het.”

Die omstandighede rakende die botsing is onbekend. Masegela sê ’n klag van strafbare manslag word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.