Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Polisielede in pekel wat kollegas op WhatsApp slegsê

Vyf senior polisielede van die Khayelitsha-polisiekantoor is in die moeilikheid nadat afbrekende boodskappe op hul WhatsApp-groep oor twee kollegas aan die lig gekom het.

Die lede is almal van die Khayelitsha-polisiekantoor en was deel van ’n WhatsApp-groep, “Cid offisiere”, van die werk.

Die twee lede wat onder bespreking was, het die afgelope week bewus geword van die boodskappe toe ’n kollega, wat ook nie deel van die WhatsApp-groep is nie, in besit van ’n amptelike polisiefoon was en daarop afgekom het.

Van die boodskappe wat op die WhatsApp-groep tussen polisiebeamptes gestuur is. Foto: Verskaf
Die een beampte se haarstyl word met ’n rasper vergelyk en gesê dat jou hande gesny sal word as jy haar hare vryf.Foto: Verskaf
Die een beampte se haarstyl word met ’n aap s’n vergelyk. Foto: Verskaf

In die boodskappe is ook onder meer foto’s van ’n gorilla, ’n aap en ’n perd aangestuur met bewoording by wat die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) as “onaanvaarbaar” bestempel is.

In die boodskappe bespreek die groep twee kollegas, ’n man en ’n vrou. Die gewraakte boodskappe het begin nadat een in ’n boodskap sê dat almal die betrokke manlike kollega met sy verjaardag geluk moet wens.

Dit het ’n string boodskappe ontketen, soos dat die man ’n “droë k**t” is en dat een wens hy was sy ma sodat hy hom by geboorte kon doodgelê het.

Hierna is gespot oor die polisievrou se hare en gesê as jy daaroor sou vryf, sal jy jou hand sny omdat haar hare so skerp soos ’n rasper is.

Netwerk24 is in besit van al die boodskappe. Skermgrepe word hierbo weergegee. 

Graham Daniels, Wes-Kaapse voorsitter van Sapu, het dié gedrag skerp gekritiseer.

“Hierdie boodskappe is vernederend en kleinerend. Hoe kan sulke rassistiese boodskappe, 25 jaar ná demokrasie, tussen polisielede gestuur word?”

Daniels, wat die twee lede verteenwoordig, het bevestig dat departementele klagte sowel as ’n strafsaak teen die betrokke lede aanhangig gemaak is.

LEES OOK: Laster: Mag jy eksman se nuwe vrou 'n merrie noem?

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n saak van crimen injuria en laster ondersoek word.

“Die ondersoek is nog aan die gang en ons kan nie verder kommentaar lewer nie,” het hy gesê.

Volgens Daniels het hy ook die saak by die provinsiale polisiekommissaris se kantoor aangemeld.

“Ons wil hê hierdie lede moet geskuif word. Hoe kan jy werk of opdragte aanvaar van iemand wat sulke dinge oor jou sê?”

Hy het gesê die boodskappe is geskryf deur senior polisiebeamptes en dit is geen voorbeeld van leierskap nie.

“Ons verwag dat die ondersoek vinnig afgehandel sal word,” het hy gesê.

Meer oor:  Whatsapp  |  Polisie  |  Laster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.